NewsSchools

Hashtags onoorwonne in sewes hokkietoernooi

Hashtags, ‘n hokkiespan wat uit leerders van Hoërskool Pietersburg bestaan, het Saterdag tydens die jaarlikse Polokwane Hockey Club se sewestoernooi met die louere weggestap en die prysgeld van R2 500 in hul sakke gedruk. Organiseerder van die toernooi, Monique Potgieter, sê die kragme­ting is vanjaar vir die tweede keer aangebied en twaalf spanne van regoor …

Hashtags, ‘n hokkiespan wat uit leerders van Hoërskool Pietersburg bestaan, het Saterdag tydens die jaarlikse Polokwane Hockey Club se sewestoernooi met die louere weggestap en die prysgeld van R2 500 in hul sakke gedruk.
Organiseerder van die toernooi, Monique Potgieter, sê die kragme­ting is vanjaar vir die tweede keer aangebied en twaalf spanne van regoor die provinsie sowel as van Gauteng het deelgeneem.
PHS se astrobaan is in die middel afgesper en wedstryde is slegs oor die helfte van die baan gespeel met sewe spelers in ‘n span sonder ‘n doelwagter. Dié formaat het toeskouers van adrenalienbelaaide aksie verseker.
Potgieter sê die Hashtags het al die wedstryde in hul afdeling gewen en ‘n totaal van 22 doele aangeteken met slegs sewe teen hulle. In die finaal het hulle teen die M&M1-span te staan gekom en na ‘n naelbytwedstryd met ‘n eindtelling van 2-1 as wenners uit die stryd getree.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Louis Nel, hoofseun van PHS en lid van die Hashtags sien ‘n ga­ping doelkas toe.
Christene Rossouw van Hashtags, in aksie.
Mede-organiseerder van die toernooi, Pieter du Toit-Roos van die Red Ross-span hou sy ook op die bal.
Armand du Plessis van Marvel Heroes soek ondersteuning.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button