NewsSchools

Pieties samel water in vir Kaapstad

Hoërskool Pietersburg (PHS) het besluit om ‘n inisiatief van die Universiteit van Stellenbosch te ondersteun deur 5-liter houers gevul met water vir persone in die droogtegeteisterde dele van die Wes-Kaap in te samel. Die skool se skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman sê inwoners van Limpopo weet hoe dit voel om deur droogte getref te word en daarom …

Hoërskool Pietersburg (PHS) het besluit om ‘n inisiatief van die Universiteit van Stellenbosch te ondersteun deur 5-liter houers gevul met water vir persone in die droogtegeteisterde dele van die Wes-Kaap in te samel.
Die skool se skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman sê inwoners van Limpopo weet hoe dit voel om deur droogte getref te word en daarom het die skool besluit om die universiteit se inisiatief te ondersteun. “Ons het leerders, ouers en die gemeenskap van Polokwane se hulp nodig om ‘n verskil te help maak,” sê Schoeman. Sy sê houers met water kan by die skool se ontvangs afgelewer word waarna dit na die universiteit vervoer sal word.
Vir meer inligting kan Schoeman by 015 297 3201 geskakel word.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button