Sport

Hitte stel hoë eise tydens uithourit

Lente Schutte en haar perd Yentl Samih was die wenners in die kinderafdeling oor 80 km, terwyl Anell Bezuidenhout die eerste plek in die jongruiterafdeling op haar perd Smilde Belvoir behaal het tydens die Capricorn Uithouritklub se byeenkoms wat Saterdag op die plaas Rietfontein buite die stad gehou is. In die 80 km standaardgewigafdeling was …

Lente Schutte en haar perd Yentl Samih was die wenners in die kinderafdeling oor 80 km, terwyl Anell Bezuidenhout die eerste plek in die jongruiterafdeling op haar perd Smilde Belvoir behaal het tydens die Capricorn Uithouritklub se byeenkoms wat Saterdag op die plaas Rietfontein buite die stad gehou is.
In die 80 km standaardgewigafdeling was Nicolette Whitworth op Arkab Zapha die wenner en Josef van Wyk op Benlarich Malaika eerste in die swaargewigafdeling.
Forward Mapurazi en sy perd Arkab Nadimah was die wenners in die trapleerafdeling oor 80 km en Rochelle Louw op El-Borak die wenner in die 40 km trapleerafdeling.
Michaela Steyn op Kariba was die wenner van die 40 km rit en vyf ruiters het nie die ritte waaraan hulle deelgeneem het, voltooi nie.
Die byeenkoms het 38 deelnemers gelok en het ondanks hoë temperature, geen ongevalle opgelewer nie.
Deelnemers aan die 80 km rit het reeds teen 05:45 by die klubhuis weggetrek en is 30 minute later deur die groep wat 40 km moes voltooi, gevolg.
Saterdag se kompetisie het ook ‘n trapleerafdeling, waar deelnemers gedurende die rit kon besluit of hulle vir 80, 60 of 40 km kans sien, ingesluit.
Wenners het trofeë en geskenkbewyse ontvang en volgens Jan Bouwman, ritmeester, het die warm son baie hoë eise aan ruiters en hul perde gestel. “Almal is egter deurentyd deur ‘n veearts gemonitor om te verseker dat die perde nie ooreis word nie.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Junior Tyla du Plessis neem aan die 80 km trapleerafdeling deel.
Charl Smal en sy perd Ice durf die 80 km trapleeruitdaging aan.
Senior Sasha-Lee van der Merwe en Jozami Saleeha voltooi die trapleerafdeling oor 80 km.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button