MunicipalNews

Makhado is nou wéér Louis Trichardt

Ná tien jaar en verskeie hofsake het die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria Donderdag beslis Louis Trichardt behou sy naam.

Na verskeie hofsake in verskeie howe het die Noord Gauteng hooggeregshof uiteindelik beslis dat Makhado nou weer Louis Trichardt sal heet.

Die besluit van voormalige minister van kuns en kuluur, Paul Mashatile, om die dorp se naam amptelik na Makhado te verander het die Louis Trichardt Voorsittersvereniging genoop om ‘n aansoek by die hooggeregshof in te dien om hierdie besluit op hersiening te neem in 2012.

Mashatile het op 14 Oktober 2011 die naamsverandering in die Staatskoerant aangekondig.

Die LVV het in ’n griefskrif met sowat 7 000 handtekeninge daarteen geappelleer. Mashatile het dit in Mei 2012 van die hand gewys.

Die hooggeregshof het bepaal die minister van kuns en kultuur moet die LVV se regskoste betaal.

André Naudé van die Louis Trichardt-voorsittersvereniging het die hof se beslissing verwelkom. Hy het vroeër gesê die vereniging is selfs bereid om konstitusionele hof toe te gaan om die naam van Louis Trichardt te behou.

Die ANC-beheerde stadsraad het nog nie op navrae gereageer nie.

Related Articles

Back to top button