Sport

Tennistoernooi lok spelers van oral

Bykans 53 junior spelers het verlede Vrydag en Saterdag by die Polokwane Tennisklub sake in die BUCO Tennistoernooi uitgespook wat deur Sarel van Rooyen (SVR) Tennisakademie aangebied is. Spelers van die provinsie sowel as Gauteng van sewe jaar tot o.17 het wedstryde in ouderdoms­kategorieë in rondomtalieformaat gespeel en wenners het trofeë ontvang. In die sewe …

Bykans 53 junior spelers het verlede Vrydag en Saterdag by die Polokwane Tennisklub sake in die BUCO Tennistoernooi uitgespook wat deur Sarel van Rooyen (SVR) Tennisakademie aangebied is.
Spelers van die provinsie sowel as Gauteng van sewe jaar tot o.17 het wedstryde in ouderdoms­kategorieë in rondomtalieformaat gespeel en wenners het trofeë ontvang.
In die sewe tot nege jaar-seunsgroep was Mashikudu Masekoameng die wenner met Nuraz Tayob die naaswenner. Clarise Coulson het eerste in die meisiesgroep geëindig met Simoné Muller in die tweedeplek (almal van Polokwane).
In die o.9-seunskategorie was Hamzah Khan Patel die wenner met Wian du Plessis as naaswenner en Carli Becker die meisiewenner.
In die o.11-seunsgroep het Dian Gouws met die louere weggestap met Yusha Khan tweede terwyl Mienke Becker die meisiewenner was met Erné Kotze as naaswenner (almal van Polokwane).
Rethabile Rakgole van Pretoria was die beste speler in die o.13-seunsgroep met Polokwane-speler Fardeen Rhemtula in die tweedeplek terwyl Celente Badenhorst van Polokwane die wenner was.
In die o.15-seunsgroep was Louis Trichardt-speler, Kowie Lombard, die wenner.
Polokwane se LJ Fick was die o.17-seunswenner met stadsgenoot, Juan Smith, as naawenner terwyl Louis Trichardt-speler, Emlyn Foord, bobaas in die meisies-afdeling was.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

LJ Fick, o.17-wenner stuur die bal met mening terug tydens die BUCO Tennistoernooi.
Hamzah Khan Patel, o.9-seuns­wenner, moker die bal met mening.
Naaswenner in die o.13-afdeling, Fardeem Rhemtula, stuur die bal met mening terug.
Dian Pienaar, o.13, kom die bal met gemak by.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button