Local NewsNews

Ek sien, voel, proe regte sneeu

Dit was Tian Erwee van Modjadjiskloof se grootste wens om sneeu te sien voor hy en sy gesin die afgelope naweek by familie in Somerset-Wes gekuier het en het selfs Saterdagaand daaroor gebid. Toe die familie Sondag buite Ceres op die Matroosberge stop was dit 0º C. Met die uitklim uit die voertuig het dit …

Tian Erwee omring deur sneeu.

Dit was Tian Erwee van Modjadjiskloof se grootste wens om sneeu te sien voor hy en sy gesin die afgelope naweek by familie in Somerset-Wes gekuier het en het selfs Saterdagaand daaroor gebid.
Toe die familie Sondag buite Ceres op die Matroosberge stop was dit 0º C. Met die uitklim uit die voertuig het dit net begin sneeu.
“Dit was wonderlik om sneeu te voel, proe, saam te pers, sneeuballe te maak en te gooi want ‘n sneeubal gooi verskriklik hard. Ek sal die hoogtepunt altyd onthou,” sê Tiaan superopgewonde.
Lesers is welkom om foto’s in te stuur van besondere evarings wat hulle die vakansie gehad het. Stuur een duidelike, hoë kwaliteit foto met jou naam, van, waar die foto geneem is en wat die gebeurtenis so spesiaal maak na observer@mwebbiz.co.za.

 

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Related Articles

Back to top button