Sport

Brullende pret op 4×4-baan buite stad

Groot stofwolke, gedreun van kragtige enjins en die reuk van brandstof in die lug het Saterdag se 4×4 mini-uitdaging by die hindernisbaan op die Silikonpad gekenmerk. Omgeboude Land Rovers, ‘n pypkar met ‘n Volkswagen 1,6 liter enjin en ‘n Jeep was maar ‘n paar van die voertuie waarmee bestuurders hul behendigheid en hul voertuie se …

Groot stofwolke, gedreun van kragtige enjins en die reuk van brandstof in die lug het Saterdag se 4×4 mini-uitdaging by die hindernisbaan op die Silikonpad gekenmerk.
Omgeboude Land Rovers, ‘n pypkar met ‘n Volkswagen 1,6 liter enjin en ‘n Jeep was maar ‘n paar van die voertuie waarmee bestuurders hul behendigheid en hul voertuie se aanpasbaarheid beproef het.
Aan krag was daar geen tekort nie en kragtige V8 Lexus enjins wat in ander voertuie ingebou is, het toeskouers se aandag getrek.
Elf voertuie het aan die byeenkoms deelgeneem en geen uitslae was teen druktyd beskikbaar nie.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Willy en Chris Pistorius durf die hindernisbaan in hul 1,6 liter Volkswagen pypkar aan.
Charles van der Walt se blinknuwe Jeep CJ7, toegerus met ‘n V8 Lexus-motor takel een van die steiltes.

Related Articles

Back to top button