Local NewsNews

AfriForum skep nuwe webwerf

DIE Burgerregte-organisasie, AfriForum, se jeugtak, AfriForum Jeug, het vandeesweek hul splinternuwe webwerf bekendgestel

DIE Burgerregte-organisasie, AfriForum, se jeugtak, AfriForum Jeug, het vandeesweek hul splinternuwe webwerf bekendgestel wat aan jongmense geleent-heid gee om klagtes in te dien oor diskriminasie, insidente van rassisme asook skendings van menseregte en taal.

“AfriForum Jeug ontvang jaarliks talle klagtes van studente, lede én nie-lede, oor ‘n wye spektrum probleme, en daarom het ons besluit om dit so maklik as moontlik te maak vir studente om hulle probleme onder ons aandag te bring,” het Eduan Dupper, woordvoerder van AfriForum Jeug, gesê.

Die webwerf bied ook aan mense die geleentheid om te sien waarmee AfriForum Jeug besig is.

Die nuwe gebeure-kalender bring webwerfbesoekers op hoogte van dít wat die AfriForum Jeug-studente beplan.

Jongmense kan ook aansluit as hulle wil betrokke raak by die organisasie, sy veldtogte en aksies.

“AfriForum Jeug moedig die publiek aan om gevalle waar hulle regte moontlik geskend word aan te meld.

“Hulle kan ook aktief betrokke raak by ons veldtogte,” het Dupper afgesluit.

Besoek die nuwe webwerf by www.afriforumjeug.co.za.

Related Articles

Back to top button