Chaos by topskole na arres van hoofde

Pandemonium het vanoggend (Vrydag) losgebars nadat twee prominente skoolhoofde op aanklagte van onder meer saakbeskadiging in hegtenis geneem is. Die polisie het net na 07:00 by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé opgedaag en Piet Holtzhausen in die personeelkamer gekonfronteer terwyl hy vergadering gehou het, maar wou egter nie bekendmaak wat die klagte teen hom is …

Pandemonium het vanoggend (Vrydag) losgebars nadat twee prominente skoolhoofde op aanklagte van onder meer saakbeskadiging in hegtenis geneem is.
Die polisie het net na 07:00 by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé opgedaag en Piet Holtzhausen in die personeelkamer gekonfronteer terwyl hy vergadering gehou het, maar wou egter nie bekendmaak wat die klagte teen hom is nie.
Leerders wat die drama aanskou het terwyl hulle besig was om aan te tree vir opening, het oproerig geraak en waterballonne begin rondslinger. Terselfdertyd is ‘n bussie van Hoërskool Pietersburg (PHS), wat by Tommies geparkeer was, se wiel afgeblaas en die vensters deur Tom Naudé-leerders vuilgesmeer. Holtzhausen is summier van saakbeskadiging aangekla.
Hy is in ‘n polisievoertuig van die skoolterrein verwyder, waarna die polisie na PHS gery het en in Willie Schoeman se kantoor ingestorm het. ‘n Groep Tommies het die polisie tot by die skool gevolg en PHS-leerders met waterballonne gepeper.
Schoeman word daarvan aangekla dat hy onwettig strikdasse dra en gemaan dat hy ‘n koorsboom wat Tommies aan PHS gaan skenk, geplant moet word.
Die drama wat by die skole afgespeel het, is deel van die week se geesvang in aanloop tot die groot rugbywedstryde van die jaarlikse Bosveld Intervarsity wat môre (Saterdag) by PHS aangebied word.
Holtzhausen en Schoeman is in boeie tot by ‘n plaaslike restaurant geneem waar hulle saam met beide skole se hoofleiers ontbyt geniet het.

Storie & foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button