Local NewsNews

Markdag by rolbalklub kry groot aftrek

Ondanks die feit dat daar Saterdag verskeie ander aantreklikhede in die stad aangebied is, is die markdag wat by die Polokwane Rolbalklub aangebied is, goed ondersteun. Stalletjies waar onder meer pannekoek, tuisgebak, eksotiese mengel­drankies en ‘Indian delights’ te koop was, het verseker dat daar iets vir elkeen se smaak was. Besoekers het geesdriftig aan die …

Ondanks die feit dat daar Saterdag verskeie ander aantreklikhede in die stad aangebied is, is die markdag wat by die Polokwane Rolbalklub aangebied is, goed ondersteun.
Stalletjies waar onder meer pannekoek, tuisgebak, eksotiese mengel­drankies en ‘Indian delights’ te koop was, het verseker dat daar iets vir elkeen se smaak was.
Besoekers het geesdriftig aan die Bingospeletjies wat met tussenposes aangebied is, deelgeneem en die wenners het met aantreklike pryse wat deur die uitstallers geborg is, weggestap.
Vir die jongeres was daar ‘n springkasteel terwyl ouers by die tafels onder die bome ontspan het en deur plaaslike kunstenaars soos Mauritze Great White China vermaak is.
Mede-organiseerder Jasper Louw sê die markdag word in samewerking met die Polokwane Rolbalklub aangebied en dat die huurgeld van die stalletjies aangewend word om die oorhoofse koste te dek.

Storie & foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Belinda Fourie en Anne Smith hou besoekers besig met ‘n Bingospeletjie.
Vic, Ivonne en Vincent Lind se pannekoekstalletjie trek aandag.
Plaaslike sanger Mauritze Great White China vermaak gaste.
Jonger besoekers aan die markdag raak van hul oortollige energie ontslae op die springkasteel.

Related Articles

Back to top button