Local sportSport

3de plek vir renjaer in SA-motorwedren

Jacques Yves Daniel van Bosveld Wedrenklub het die afgelope naweek op Vereeniging aan die finale been van Motorsport Suid-Afrika se teerbaan Suid-Afrikaanse Kampioenskap in die Pinto-klas deelgeneem.

“PERSEVERANCE and hard work equals success.”

Dit is voorwaar wat Jacques Yves Daniel van Bosveld Wedrenklub kan sê.

Hy het die afgelope naweek op Vereeniging aan die finale been van Motorsport Suid-Afrika se teerbaan Suid-Afrikaanse Kampioenskap in die Pinto-klas deelgeneem.

Dit het maar moeilik aan die begin gegaan, aangesien Daniel kort-kort aan sy kar moes stel en dinge net nie reg wou loop vir hom nie.

Hy was ook nie gelukkig met sy kwalifiserende tye nie. Asof dit nie genoeg was om Daniel se spoed te breek nie, het Gauteng se weer ook nie saamgespeel nie. Die wedrenne het skaars begin toe dit begin reën het.

Maar Daniel het vasgebyt en geweet hy is daar met ‘n doel. Hy het nie verniet hard gewerk om te kom waar hy is nie. Na die nodige stellings aan sy motor was daar nog net een ding oor. Hy moet nou sy hart uitry.

Die jaers in die Pinto-klas het hul finaal in stortende reën klaargemaak. Dit was voorwaar moeilike omstandighede om in te ry en het dit die drywers se bestuursvernuf tot die maksimum beproef. Daniel het gewys wat in hom steek en was derde oor die wenstreep.

Baie mense besef nie hoe hard hierdie jaers werk om hulle sport te beoefen nie.

Daar word nagte deur-gewerk om die motors reg te kry. Maar soos in Daniel se geval is al die tyd en swoeg en sweet op die einde van die dag die moeite werd, want dit is enige motorwedrenjaer se doelwit om met ‘n Suid-Afrikaanse nommer te kan ry.

Bosveld Wedrenklub wens Daniel baie geluk. Die klub is vol vertroue dat hy vorentoe nog verdere sukses sal behaal.

Related Articles

Back to top button