Sport

Noordelikes leer waardevolle les

Goldwagen Noordelikes se eerstespan het Saterdag besef dat hulle hul sokkies moet optrek as hulle vanjaar in die Boet Fickliga-finaal wil speel. Dit nadat die rooi masjien op hul tuisveld teen die verdedigende kampioene, Potgieters­rus Rugbyklub stoom verloor en met 29-52 verloor het. “Potties is ‘n goeie span terwyl ons ‘n baie jong span het …

Goldwagen Noordelikes se eerstespan het Saterdag besef dat hulle hul sokkies moet optrek as hulle vanjaar in die Boet Fickliga-finaal wil speel.
Dit nadat die rooi masjien op hul tuisveld teen die verdedigende kampioene, Potgieters­rus Rugbyklub stoom verloor en met 29-52 verloor het. “Potties is ‘n goeie span terwyl ons ‘n baie jong span het wat harder sal moet werk om punte te kry. Ons was nie verniet Boet Fickliga-wenners vir agt agtereenvolgende jaar nie en sal alles insit om die beker weer in ons trofeekas te kry,” sê kaptein, Mynhardt Smith.
Smith, Zander Byleveldt, Koning Janse van Rensburg en Scheepers Lubbe het elk ‘n drie gedruk terwyl Byleveldt met al vier doelskoppe geslaag het.
Die tweedespan het hul goed van hul taak gekwyt en ‘n sege van 39-17 behaal.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Johan Ströh van die tweedespan duik oor die doellyn.
Francois Binneman wag sy opponent in.
Lufuno Ramoyada van die tweedespan op die aanval.

Related Articles

Back to top button