Grootste saamtrek nog by Mighty Men Bushveld

Die plaas Snymansdrift net buite die stad het gister (Sondag) uit sy nate gebars met ongeveer 30 000 mense van regoor die land wat na die evangelis, Angus Buchan tydens die Mighty Men Bushveld-byeenkoms gaan luister het. Organiseerder en plaaseienaar, Francois Brits sê die sewende jaarlikse saamtrek was die grootste Mighty Men bymekaarkoms in Polokwane …

Die plaas Snymansdrift net buite die stad het gister (Sondag) uit sy nate gebars met ongeveer 30 000 mense van regoor die land wat na die evangelis, Angus Buchan tydens die Mighty Men Bushveld-byeenkoms gaan luister het.
Organiseerder en plaaseienaar, Francois Brits sê die sewende jaarlikse saamtrek was die grootste Mighty Men bymekaarkoms in Polokwane nog. “Ongeveer 10 000 mans het sedert Vrydag die geleentheid bygewoon en nadat gesinne Sondag by die mans aangesluit het, het die besoekertal aan die 30 000-merk geraak,” sê Brits.
Volgens hom is dit ‘n seën en genade dat soveel mense van regoor die land graag na Buchan se boodskap wou kom luister. Buchan het dit duidelik in sy boodskap gemaak dat mense ten alle tye nederig moet bly.
Sien volledige berig en foto’s in Donderdag se uitgawe van Polokwane Observer.

Storie: RC MYBURGH
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button