Local NewsNews

SAPD arresteer gevaarlike inbreker, messteker

‘n Man wat glo lank deur die polisie vir ‘n reeks motorinbrake regoor die stad gesoek is en verlede Donderdag ‘n motoreie­naar met ‘n mes gesteek het toe hy betrap is, is Maandag in hegtenis geneem en sou na verwagting gisteroggend (Woensdag) in die Polokwane Landdroshof verskyn het. Die verdagte, wie se naam aan Polokwane …

‘n Man wat glo lank deur die polisie vir ‘n reeks motorinbrake regoor die stad gesoek is en verlede Donderdag ‘n motoreie­naar met ‘n mes gesteek het toe hy betrap is, is Maandag in hegtenis geneem en sou na verwagting gisteroggend (Woensdag) in die Polokwane Landdroshof verskyn het.
Die verdagte, wie se naam aan Polokwane Observer bekend is, het blykbaar verlede Donderdag by ‘n voertuig in Magazynstraat probeer inbreek, maar is verjaag. “Vandaar is hy na Thornhill Shopping Centre waar hy sy modus operandi voortgesit het en betrap is deur die eienaar van dié voertuig waarna hy hom met ‘n mes in die lies gesteek het,” sê ‘n bron wat deel van die ondersoek is.
Nooddienste was op die toneel om die slagoffer te behandel en na ‘n hospitaal te vervoer. ‘n Beskrywing van die vermeende messteker het die polisie dadelik op die spoor van die verdagte gesit. “Hy is Vrydag in samewer­king met die Polokwane GPF opgespoor, maar het laat spaander en die polisie ontvlug. Sy geluk het gedraai toe die polisie Maandag in die middestad op hom toegesak het,” sê die bron.
Polokwane polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba het bevestig dat die man wat met verskeie motorinbrake in die stad verbind word en as gevaarlik beskou word op die hoek van Thabo Mbeki- en Voortrekkerstraat aangekeer is. “Hy word van voertuiginbraak sowel as aanranding op ‘n 30-jarige man by Thornhill Shopping Centre aangekla,” sê Ramoshaba.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button