Local NewsNews

Steeds geen antwoord oor shelter-inwoner se dood

Na bewerings dat die beserings wat Mynge­noegen Shelter-inwoner Franzi Neukomm nie met ‘n ongeluk ooreenstem nie en dalk eerder op moord dui, kan die polisie steeds nie bevestig of die geregtelike doodsondersoek na ‘n moordsaak gelei het nie. Polokwane-polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba het Dinsdag gesê hy glo nie die saak is verander nie en dat hy …

Na bewerings dat die beserings wat Mynge­noegen Shelter-inwoner Franzi Neukomm nie met ‘n ongeluk ooreenstem nie en dalk eerder op moord dui, kan die polisie steeds nie bevestig of die geregtelike doodsondersoek na ‘n moordsaak gelei het nie.
Polokwane-polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba het Dinsdag gesê hy glo nie die saak is verander nie en dat hy eers die ondersoekbeampte moet raadpleeg. Hy het later net gesê die saak word nog ondersoek en dat geen arrestasies gemaak is nie.
Intussen het die shelterbestuur bevestig dat hulle Neukomm se doodsertifikaat ontvang het wat aandui dat hy aan onnatuurlike oorsake dood is.
Tot dusver is ook nog geen naasbestaandes opgespoor nie en sal Neukomm as armlastige begrawe word.
Neukomm se liggaam is verlede Sondag langs die Myngenoegenpad teen die ingangsmuur van ‘n kleinhoewe gevind. Sy een tekkie is langs die teerpad gevind en kruip- of sleepmerke is ook op die toneel waargeneem.
Aanvanklik is daar op die toneel beweer dat hy vermoedelik deur ‘n voertuig getref is toe hy vroegoggend gaan draf het en daarna om hulp na ‘n nabygeleë kleinhoewe gekruip het waar hy deur honde aangeval is.
Polokwane Observer het egter verneem dat die staatspatoloog glo verlede Woensdag aan die bestuur van Myngenoegen Shelter bevestig het dat sy beserings nie met dié van ‘n tref-en-trapongeluk ooreenstem nie, maar dat hy veelvuldige beserings opgedoen het wat moontlik op moord dui.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, kaptein Mametja by 082 354 0485 skakel.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button