Tweede renosterkarkas binne week in plaaslike reservaat gevind

Die karkas van ‘n tweede renoster wat vermoedelik die afgelope week deur stropers geskiet is, is gister (Donderdag) in die Polokwane Wildreservaat gevind. Renosters in die reservaat is verlede jaar onthoring om stroping te voorkom. Die renoster is glo doodgeskiet, maar die horingstompie nie verwyder nie. Volgens ‘n bron is daar glo tans ‘n forensiese …

Die karkas van ‘n tweede renoster wat vermoedelik die afgelope week deur stropers geskiet is, is gister (Donderdag) in die Polokwane Wildreservaat gevind.
Renosters in die reservaat is verlede jaar onthoring om stroping te voorkom. Die renoster is glo doodgeskiet, maar die horingstompie nie verwyder nie. Volgens ‘n bron is daar glo tans ‘n forensiese ondersoekspan op die toneel om die koeël in die karkas op te spoor.
Dit volg nadat ‘n fietsryer Maandag op ‘n karkas van ‘n renoster in die reservaat afgekom het. Dié renoster is ook glo doodgeskiet sonder dat die stompie verwyder is. Daar word vermoed dat die stropers deur iets of iemand afgeskrik is.
Veldwagters het blykbaar gister se gruvonds gemaak. Die vermoede is dat die renoster die saam met die een wat Maandag gevind is, geskiet is,maar elders gevrek het.
Tot op datum is ses renosters binne agt maande in die Polokwane Wildreservaat deur storpers doodgemaak.
Polokwane Munisipaliteit se woordvoerder, Disree Manyane het per SMS-boodskap laat weet dat sy ‘n vergadering buite die stad bywoon en nie voor Maandag kommentaar sal kan lewer nie.
Polokwane-polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba kon nie die voorval bevestig nie.

Story: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button