Local NewsNews

Stropers teiken leeus buite Polokwane – kop, pote afgekap

Terwyl die polisie steeds na die verdagtes soek wat vir die vergiftiging en skending van drie leeus buite Tzaneen verantwoordelik is, is drie leeus Donderdag op soortgelyke wyse van kant gemaak dié keer ongeveer 20 km buite Polokwane op die plaas, Turffontein. Die provinsiale polisie se hoof van kommunikasie, Motlafela Mojapelo, sê die leeus is …

Terwyl die polisie steeds na die verdagtes soek wat vir die vergiftiging en skending van drie leeus buite Tzaneen verantwoordelik is, is drie leeus Donderdag op soortgelyke wyse van kant gemaak dié keer ongeveer 20 km buite Polokwane op die plaas, Turffontein.
Die provinsiale polisie se hoof van kommunikasie, Motlafela Mojapelo, sê die leeus is vermoedelik Donderdagaand vergiftig en Vrydag gevind. “Twee mannetjies se koppe en pote is verwyder, maar die wyfie wat ook doodgemaak is, is nie geskend nie,” sê Mojapelo.
Soortgelyke gevalle het ook in Mara en Hoedspruit plaasgevind.
‘n Saak van onwettige jag en die jag van beskermde spesies word ondersoek.

Storie: RC Myburgh

Related Articles

Back to top button