NewsSchools

Row-Lean help leerders om nuwe skooljaar aan te pak

Minderbevoorregte leerders van twee laerskole in die stad het Woensdag met die aanbreek van die eerste skooldag geskenk­pakkies van Row-Lean ontvang. Row-Lean, aktrise en sakevrou, is ‘n oudhoofmeisie van Pieterburg Laerskool wat haar ten doel stel om ‘n tasbare verskil in die le­wens van minderbevoorregtes te maak. Sy het ‘n rol in die tienerkomedie, Jou …

Minderbevoorregte leerders van twee laerskole in die stad het Woensdag met die aanbreek van die eerste skooldag geskenk­pakkies van Row-Lean ontvang.
Row-Lean, aktrise en sakevrou, is ‘n oudhoofmeisie van Pieterburg Laerskool wat haar ten doel stel om ‘n tasbare verskil in die le­wens van minderbevoorregtes te maak.
Sy het ‘n rol in die tienerkomedie, Jou Romeo vertolk en gereël dat die première met ‘n kaas-en-wyn-geleentheid op 30 November 2016 in Polokwane plaasvind om geld in te samel om die inhoud van die pakkies aan te koop. Plaaslike borge het ook mildelik bygedra.
Die 65 pakkies bevat elk eetgoed, skryfbehoeftes, toiletware en ‘n geskenksakkie met die volgende boodskappe: malvalek­kers – met iets sag en soet gaan dit altyd goed, Nik Naks – die krag van ‘n kasie gee jou krag vir ‘n nasie, deodorant – hou jou koel terwyl jy op die skoolterrein woel, gom – met liefde as gom kan die storms maar kom, penne – skryf jou eie storie tot by jou eie glorie, liniaal – hou op bewe en meet jou eie lewe, boek – skryf die rowwe goed neer dan maak dit minder seer, sneesdoekies – lag dat die trane rol dan bly die skool ‘n jol en geskenksakkie – met liefde toegevou om Jou Romeo te onthou.

Storie en foto: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Hooffoto: Row-Lean en Peet Bredenkamp, skoolhoof van Pietersburg Laerskool hou van die pakkies vas wat aan die Ystertjies, min­derbevoorregte leerders van die skool, uitgedeel is.

Related Articles

Back to top button