Sport

Pieties gaan groot tydens sterreatletiek

Een van die hoogtepunte vroeg in die jaar op Hoërskool Pietersburg (PHS) se kalender is die jaarlikse sterresport waar elke Pietie die geleentheid kry om aan soveel moontlik items op die atletiekveld deel te neem. Vir die wat nie bedrewe op die atletiekveld is nie, is daar altyd plek op die pawiljoen waar die kompetisie …

Een van die hoogtepunte vroeg in die jaar op Hoërskool Pietersburg (PHS) se kalender is die jaarlikse sterresport waar elke Pietie die geleentheid kry om aan soveel moontlik items op die atletiekveld deel te neem. Vir die wat nie bedrewe op die atletiekveld is nie, is daar altyd plek op die pawiljoen waar die kompetisie vir die geesbeker tussen die sportgroepe, Aarde, Venus, Jupiter en Saturnus net so hard soos op die veld is.
Dié jaarlikse byeenkoms is Dins­dag by die skool aangebied waar atlete kon wys hul harde werk in die afseisoen en voorbe­reiding vir die atletiekseisoen het vrugte afgewerp.
Volledige uitslae sal in vol­gende week se uitgawe van Polokwane Observer gepubliseer word.

Storie en foto’s:RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Lené Viljoen, o.19, kom net nie oor die dwarslat nie.

Die o.15-atleet, Jan-Hendrik Weyer wen die
300 m-hekkies.
Lize-Miri Collens, o.15, lê aan met die spies.
Derik Joubert, o.16 slinger ‘n werpskyf deur die lug.
Dirkie van der Merwe, o.17, span sy kragte in.

Related Articles

Back to top button