NewsSchools

Bosbokke tops tydens Tommies se bokkesport

Atletiekentoesiaste hou tans vir CJ Nel dop nadat hy Maandag ‘n rekord in die 100 m vir seuns o.17 met ‘n tyd van 11,38 sekondes tydens Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se bokkesport opgestel het. Die bosbokke, rooibokke en springbokke het mekaar die stryd in die skool se bokke­sportbyeenkoms aangesê. “Die doel van die byeenkoms …

Atletiekentoesiaste hou tans vir CJ Nel dop nadat hy Maandag ‘n rekord in die 100 m vir seuns o.17 met ‘n tyd van 11,38 sekondes tydens Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se bokkesport opgestel het.
Die bosbokke, rooibokke en springbokke het mekaar die stryd in die skool se bokke­sportbyeenkoms aangesê. “Die doel van die byeenkoms is om atlete vir die atletiekseisoen voor te berei, maar ook om nuwe talent te ontdek,” sê sporthoof, Kobus de Meyer.
Langasems het Vrydag reeds kragte tydens die bokkelandloop gemeet. Die bosbokke het hul stemme dik gemaak en met die louere en 9 952 punte weggestap gevolg deur die springbokke met 9 159 punte en die rooibokke met 8 872.
Maandag het die bosbokke die ander weer laat les opsê met 462 punte en die springbokke (427) en rooibokke (229) het die tweede en derde plekke ingeneem.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: CJ Nel stel ‘n rekord van 11,38 sekondes in die 100 m vir seuns o.17 op.

Sasha-Lee Fick maak skoonskip in die 100 m vir meisies o.17.
Chaz Keefer berei voor vir ‘n werpskyfpoging wat ook die wenafstand (33,36 m) in die 0.17-afdeling was.
JP Cronjé, o.17 se spies fluit deur die lug.
Ian Duvenhage, o.14 in aksie met verspring.
Gert Reynecke, o.19, sit al sy krag agter die gewig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button