BusinessNews

Toyota Knights skenk kweekhuis aan tehuis

Dankbare inwoners van Vergeet My Nie Behui­singsentrum in die stad het Dinsdagoggend in die opgewondenheid gedeel toe Toyota Knights Limpopo ‘n kweekhuis wat by die sentrum opgerig is, amptelik oorhandig het. Die kweekhuis beslaan 60 m2 en maak voorsiening vir 58 bakke vir groente en vrugte asook tien houers vir kruie. Nelmar Smit, voorsitter van …

Dankbare inwoners van Vergeet My Nie Behui­singsentrum in die stad het Dinsdagoggend in die opgewondenheid gedeel toe Toyota Knights Limpopo ‘n kweekhuis wat by die sentrum opgerig is, amptelik oorhandig het.
Die kweekhuis beslaan 60 m2 en maak voorsiening vir 58 bakke vir groente en vrugte asook tien houers vir kruie.
Nelmar Smit, voorsitter van Toyota Knights Limpopo, sê die kweekhuisprojek is deel van Toyota Suid-Afrika se inisiatief vir gemeenskapsbetrokkenheid en dat Toyota Knights Limpopo steeds by die projek betrokke bly deur plante waar nodig te vervang.
Die fasiliteit is deur Smit en ‘n span helpers verbonde aan Toyota Limpopo opgerig en skenkings is ook uit die gemeenskap ontvang. Die totale koste van die projek beloop sowat R35 000.
Dawie Lee, bestuurder van SAVF Polokwane sê dat die gebaar opreg waardeer word. “Dit is wonderlik as besighede en lede van die gemeenskap by ons opdaag en hulp aanbied. Dit is ‘n briljante idee en sal die seniors uit hul kamers haal. Die vars groente en vrugte kan nuttig gebruik word in die kombuis en die kruietuin sal beslis byval vind.”
Volgens Lee sal die sentrum die kweekhuis in stand hou, maar inwoners kan betrokke raak en hul eie plantjies voorsien wanneer ruimte beskikbaar is.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Hooffoto: Nelmar Smit, voorsitter van Toyota Knights Limpopo en Dawie Lee, bestuurder van SAVF Polokwane saam met bestuurslede van SAVF Polokwane, Sophia de Swardt, visevoorsitter, Beatrice Loots, sekretaresse, Gloudine Smit-van der Westhuizen, tesourier en Hantie van Staden, voorsitter, voor die nuwe kweekhuis.

Nelmar Smit, voorsitter van Toyota Knights Limpopo en Dawie Lee, bestuurder van SAVF Polokwane in die kweekhuis.
Inwoners van Vergeet My Nie Behuisingsentrum saam met Gloudine Smit-van der Westhuizen, tesourier van SAVF Polokwane, Dawie Lee, bestuurder en Nelmar Smit, voorsitter van Toyota Knights Limpopo.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button