Local NewsNews

Seniorburgers by plaaslike lodge onthaal

‘n Feesmaal en uithaler vermaak het Dinsdag op ‘n groep seniorburgers gewag toe hulle ‘n spesiale kersete by ‘n plaaslike lodge bygewoon het. Die 130 inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes, Vergeet My Nie Behuisingsentrum en Ons Tuiste Ouetehuis het die geleentheid baie geniet, volgens Dawie Lee, bestuurder van die SAVF Polokwane. Mede-eienaar van …

‘n Feesmaal en uithaler vermaak het Dinsdag op ‘n groep seniorburgers gewag toe hulle ‘n spesiale kersete by ‘n plaaslike lodge bygewoon het.
Die 130 inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes, Vergeet My Nie Behuisingsentrum en Ons Tuiste Ouetehuis het die geleentheid baie geniet, volgens Dawie Lee, bestuurder van die SAVF Polokwane.
Mede-eienaar van die lodge, Noeline Potgieter, het vertel dat sy en haar man, Kallie graag na die gemeenskap uitreik. Verlede jaar het hulle kinders van kinderhuise onthaal en vanjaar het die bejaardes ‘n kans gekry om haar beroemde kookkuns te beproef.
Potgieter het ‘n advertensie op sosiale mediaplatforms geplaan om te vra vir iemand om haar spesiale gaste te vermaak en Piet Snyman, sanger en musikant van Bela-Bela het dadelik gereageer.
Snyman sê dit was vir hom ‘n voorreg om die ouer garde te vermaak en dat hy graag aan sulke gemeenskapsprojekte deelneem.
Die geleentheid sou egter nie moontlik gewees het sonder die mense en instansies wat die vleis, groente en lekkernye geborg het nie. Potgieter het elkeen bedank vir die bydrae wat hulle gemaak het.

Stories en foto’s: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

Hooffoto: Personeel van die lodge wat ‘n ete vir seniorburgers aangebied het is voor, Salphy Moloto en Deon Badenhorst. In die middel is Magda Venter, Nhabiseng Shika, Melita Teffu, Phuti Montsa en Georgina Moloto. Agter is Vincent Mpyana en Noeline en Kallie Potgieter.

Sanger en musikant Piet Snyman vermaak die gaste.
Sanger en musikant Piet Snyman vermaak die gaste.
Inwoners van Vergeet my Nie Behuisingsentrum, Silma Kellerman, Martie Lingevelder en Ceceilia Steynberg, geniet die feestelikhede.
Inwoners van Vergeet my Nie Behuisingsentrum, Silma Kellerman, Martie Lingevelder en Ceceilia Steynberg, geniet die feestelikhede.
Marie Maré, Tokkie Kruger en Ellie van Rooyen, inwoners van Vergeet my Nie Behuisingsentrum kuier heerlik saam.
Marie Maré, Tokkie Kruger en Ellie van Rooyen, inwoners van Vergeet my Nie Behuisingsentrum kuier heerlik saam.

Related Articles

Back to top button