NewsSchools

Jong entrepreneurs leer met geld werk

Graad 1-leerders van Akademie Reformia het Vrydag fluks sake gedoen tydens hul entrepreneursdag. As deel van hul kurrikulum kon die leerders in groepe van twee of alleen lekkernye, kos en speelgoed verkoop en hul sakevernuf op die proef stel. Daar is van die leerders verwag om die verversings wat hulle verkoop het, te help maak …

Graad 1-leerders van Akademie Reformia het Vrydag fluks sake gedoen tydens hul entrepreneursdag.
As deel van hul kurrikulum kon die leerders in groepe van twee of alleen lekkernye, kos en speelgoed verkoop en hul sakevernuf op die proef stel.
Daar is van die leerders verwag om die verversings wat hulle verkoop het, te help maak en ouers is gevra om te help verkoop, om seker te maak die leerders verstaan die konsep van koop en verkoop.
Elsa van Rensburg, graad 1-leerkrag, sê die dag, wat by die leerders se geldbewerkingstema aangepas het, is bloot vir die pret gehou en dat 10% van die wins van elke stalletjie by die skool inbetaal word om aan ‘n liefdadigheidsorganisasie te skenk. “Daar is nog nie op ‘n organisasie besluit nie, maar ons sal bepaal waar daar groot nood is,” sê sy.

Storie en fotos: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

Hooffoto: Joané Gouws met ‘n skyfiestok en stokwors wat sy teen R5 elk verkoop het.

aref2

Kolwyntjies en worsbroodjies is deur JP Coetzee verkoop.
Kolwyntjies en worsbroodjies is deur JP Coetzee verkoop.
Mathew Ball met sy ‘Rockmonsters’ en kaartjies wat hy van die hand gesit het.
Mathew Ball met sy ‘Rockmonsters’ en kaartjies wat hy van die hand gesit het.
Jeandré Marais het malvalekker- en Oriostokkies verkoop.
Jeandré Marais het malvalekker- en Oriostokkies verkoop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button