Local NewsNews

Rooitapyt uitgerol vir fliekpremière in Polokwane

Inwoners het verlede Woensdag­aand hul mooiste aanddrag aan­getrek en die première van ‘Jou Romeo’ by Mall of the North in die geselskap van die fliek se rolspelers en lede van die filmspan geniet. Tydens die kaas-en-wyn funksie voor die tyd was daar genoeg tyd vir aanhangers om hul silwerdoekhelde in lewende lywe te ontmoet en …

Inwoners het verlede Woensdag­aand hul mooiste aanddrag aan­getrek en die première van ‘Jou Romeo’ by Mall of the North in die geselskap van die fliek se rolspelers en lede van die filmspan geniet.
Tydens die kaas-en-wyn funksie voor die tyd was daar genoeg tyd vir aanhangers om hul silwerdoekhelde in lewende lywe te ontmoet en foto’s te neem. Row-Lean, oudinwoner van die stad en een van die akteurs in die fliek het die funksie ten bate van behoefti­ge leerders van Pietersburg Laerskool (die Ystertjies) gereël.
Polokwane Observer het met Row-Lean, Ruan Wessels, Elani Dekker en Christopher van der Westhuizen gesels.
Identifisering met karakters
Al die akteurs het gesê dat hul maklik met hul karakters kon identifiseer, behalwe vir Van der Westhuizen wat vertel het dat sy karakter, Tyler, baie haat in hom saamdra, waarmee hy hom glad nie kon vereenselwig nie. “Verder was dit nie moeilik nie, want die drama-element van die karakter is natuurlik ‘n spieëlbeeld van my eie persoonlikheid,” het hy verduidelik.
Row-Lean het verduidelik dat haar karakter, Mildred, ‘n ywerige video­blogger of “vlogger” is en dat sy self ‘n mediamaatskappy besit en haar eie vlog gereeld opdateer.
Grootste uitdagings op stel
Vir beide Wessels en Row-Lean was die swembadtonele die grootste uitdaging tydens verfilming. “Dit was in die middel van die winter en ons moes om 03:00 in die swembad klim en maak of dit somer is. Arme Elani (Dekker) het so koud gekry dat sy behandeling moes kry,” vertel Wessels.
Dekker, ‘n 18-jarige matriekleerder wat pas haar laaste vakke geskryf het, sê dat die swembadtonele haar eerste dag op stel was en dat sy nie eens die koue gevoel het nie. “Vir my was die grootste uitdaging om my kop reg te kry en nie toe te laat dat die hele ervaring van my eerste filmrol my oorweldig nie.”
Vir Van der Westhuizen was die grootste uitdaging om sy karakter so eerlik as moontlik te speel. “Ek was heeltyd versigtig om nie te ‘overplay’ of ‘underkill’ nie.”
Lewenslesse
Row-Lean sê die grootste boodskap wat sy wil hê die gehoor van die fliek moet neem, is dat mens nooit moet ophou droom nie. Van der Westhuizen het daarby aangesluit en gesê jongmense moet versigtig wees om nie hul toekomsdrome in ‘n blik te druk nie.
“Daar is so ‘n groot wêreld daarbuite met soveel geleenthede. Moenie iets misloop omdat jy te besig is om jou in ‘n sekere rigting te dwing nie.”
In ‘n roerende oomblik het Dekker met ‘n 10-jarige aanhanger wat eendag ‘n akteur wil word gesels en verduidelik dat dit belangrik is om aan jou talente te skaaf. “Jy weet nooit wanneer jou groot deurbraak kom nie, maar wanneer dit kom moet jy gereed wees,” het sy gesê.
Sy sê dit is belangrik om hard te werk en ‘n doel voor oë te hê, maar dat hulle ook ander mense in ag moet neem. “Ons leef nie in isolasie nie. El­ke mens het ‘n impak op ander.”

Storie: MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com
Foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Hooffoto: Die première van Jou Romeo het Woensdagaand by Mall of the North plaasgevind. Links is Ruan Wessels, Mej Limpopo-finalis, Rosetta Magapa, Elani Dekker, Christopher van der Westhuizen, Mev Polo­kwane, Irene Roos Schempers en Row-Lean.

Elrie Herholdt en Ruan Wessels.
Elrie Herholdt en Ruan Wessels.
Ruan Wessels en Fumani Mabuza.
Ruan Wessels en Fumani Mabuza.
Hendrik Grimbeek, Elna Prinsloo en Henriette Grimbeek. Agter is Corrie en Moya Bezuidenhout, Marthinus en Wimpie Grimbeek.
Hendrik Grimbeek, Elna Prinsloo en Henriette Grimbeek. Agter is Corrie en Moya Bezuidenhout, Marthinus en Wimpie Grimbeek.
Christopher van der Westhuizen, Elani Dekker, Laché van der Westhuizen en Row-Lean.
Christopher van der Westhuizen, Elani Dekker, Laché van der Westhuizen en Row-Lean.
Leandri Dekker, Ockert Vermeulen jr, Row-Lean en Gerhard Franken, bestuurder van Ocean Basket Mall of the North en medeborg.
Leandri Dekker, Ockert Vermeulen jr, Row-Lean en Gerhard Franken, bestuurder van Ocean Basket Mall of the North en medeborg.
Renier Nortjé, Rozanne Koen, George Malan, direkteur van Veritas Polokwane en medeborg van die geleentheid, Row-Lean, Tanya en Tiaan Lambrechts.
Renier Nortjé, Rozanne Koen, George Malan, direkteur van Veritas Polokwane en medeborg van die geleentheid, Row-Lean, Tanya en Tiaan Lambrechts.
Cochrane Nel, Mari Delport, bemarkingsbestuurder Mall of the North, en Daan en Joey Rossouw.
Cochrane Nel, Mari Delport, bemarkingsbestuurder Mall of the North, en Daan en Joey Rossouw.
Michael en Colleen van Heese en Claudette en Christiaan Olivier.
Michael en Colleen van Heese en Claudette en Christiaan Olivier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button