NewsSchools

Osie-vuurvliegies vermaak ouers, vriende en grootouers op die verhoog

Ouers en grootouers het Vrydag en Saterdag tydens Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se jaarlikse Vuurvliegiekonsert geleent­heid gehad om hul kleuters in aksie op die verhoog te sien. Alhoewel kleuters kans gegun is om vir mamma en pappa in die gehoor te waai, het dit sommige nie gekeer om kort-kort op te staan en net gou weer te …

Ouers en grootouers het Vrydag en Saterdag tydens Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se jaarlikse Vuurvliegiekonsert geleent­heid gehad om hul kleuters in aksie op die verhoog te sien.

Alhoewel kleuters kans gegun is om vir mamma en pappa in die gehoor te waai, het dit sommige nie gekeer om kort-kort op te staan en net gou weer te groet nie.
Die teddies se liedjies het goed by die tema, ‘Toeka tot nou’ gepas. Volksliedjies soos ‘Daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê’ en ‘Ek soek na my Dina’ tot hedendaagse Afrikaanse popmusiek is uit volle bors gesing.

Ouers kon Vrydagaand na die konsert heerlik op die gras piekniek hou en saam met hul kinders kuier terwyl grootouers Saterdag met kolwyntjies, koffie en tee bederf is.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Klaramé Naudé geniet duidelik haar draai op die verhoog tydense Osieteddies se Vuurvlie­giekonsert.

Jayden Jardim wonder waar is sy Dina.
Jayden Jardim wonder waar is sy Dina.
Enzo Steenkamp is deel van die joligheid.
Enzo Steenkamp is deel van die joligheid.
Rozelle Beetge stuur ‘n soen vir haar ma in die gehoor.
Rozelle Beetge stuur ‘n soen vir haar ma in die gehoor.

 

Ruben Erasmus waai vir sy ouers.
Ruben Erasmus waai vir sy ouers.
Keagen Gouws steek sy arm uit om te waai.
Keagen Gouws steek sy arm uit om te waai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button