Local NewsNews

Oom, tiener vas na kind se skietdood

Philip Mokgohloa en sy 14-jarige susterskind het Dinsdag in die Mankweng landdroshof onderskeidelik op ‘n aanklag van nalatige hantering van ‘n vuurwapen en moord verskyn nadat die tiener Saterdag sy vriend, ook 14 jaar, na bewering per ongeluk doodgeskiet het. Mankweng polisiewoordvoerder, Mohlaka Mashiane kon nie verdere inligting oor die hofverskyning verskaf nie. Hy sê …

Philip Mokgohloa en sy 14-jarige susterskind het Dinsdag in die Mankweng landdroshof onderskeidelik op ‘n aanklag van nalatige hantering van ‘n vuurwapen en moord verskyn nadat die tiener Saterdag sy vriend, ook 14 jaar, na bewering per ongeluk doodgeskiet het.
Mankweng polisiewoordvoerder, Mohlaka Mashiane kon nie verdere inligting oor die hofverskyning verskaf nie.
Hy sê Mokgohloa (65) en sy susterskind woon in Ga-Mothapo buite Mankweng. “Die susterskind het Saterdag na eenheid F in Mankweng gestap waar hy blykbaar ekstra wiskundeklasse sou ontvang. Die vermoede bestaan dat hy sy oom se ongelisensieerde
vuurwapen uit die kluis gehaal en saamgeneem het. Toe hy sy vriend, Edmond Mololo Raseona vir die ekstraklas ontmoet, het hy die vuurwapen uitgehaal en ‘n skoot het afgegaan,” sê Mashiane.
Die koeël het Raseona blykbaar bo die linker­oog getref en hy is op die toneel dood.
Beide leerders is in graad 9 in twee onderskeie skole in die gebied. Die seun word van moord aangekla.
Intussen het die kommunikasiehoof van die departement van onderwys, Naledzani Rasila sy meegevoel namens die departement teenoor die oorledene se familie uitgespreek en bevestig dat Edmond ‘n leerder aan die Madipone Secondary School in Ga-Mothapo was.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button