Local NewsNews

Lasbrief vir man in ontvoeringsaak uitgereik

Die Polokwane landdroshof het verlede Dinsdag ‘n lasbrief vir Leon du Preez, die tweede beskuldigde in ‘n onlangse opspraakwekkende ontvoeringsaak uitgereik nadat hy nie vir sy hofverskyning opgedaag het nie. Limpopo Valke-woordvoerder, Matimba Maluleke het verlede Woensdag bevestig dat die saak voor hof was, maar dat Du Preez nie sy verskyning gemaak het nie. “’n …

Die Polokwane landdroshof het verlede Dinsdag ‘n lasbrief vir Leon du Preez, die tweede beskuldigde in ‘n onlangse opspraakwekkende ontvoeringsaak uitgereik nadat hy nie vir sy hofverskyning opgedaag het nie.
Limpopo Valke-woordvoerder, Matimba Maluleke het verlede Woensdag bevestig dat die saak voor hof was, maar dat Du Preez nie sy verskyning gemaak het nie. “’n Lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik en laat oorstaan tot sy volgende verskyning op 11 November. Sy borggeld is ook voorlopig verbeur,” sê Maluleke.
Die Valke het Du Preez aan die einde van Augustus, enkele dae na die arrestasie van Berdine Jordaan op aanklagte van ontvoering en regsverydeling gearresteer en hy is R2 000 borgtog toegestaan.
Jordaan staan op haar beurt tereg op aanklagte van regsverydeling, ontvoering en dwarsboming van die gereg. Aanvanklik het die polisie en gemeenskap gedink dat sy saam met haar vyfjarige dogter en 14-jarige susterskind in die stad ontvoer is, maar al drie is later ongedeerd in Musina gevind.
“Sy het blykbaar oor die ontvoering gejok en was na bewering self vir die 14-jarige meisie se verdwyning verantwoordelik,” het Maluleke gesê.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Berdine Jordaan verskyn in November weer in die hof. ‘n Lasbrief is vir die tweede beskuldigde, Leon du Preez uitgereik.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button