Local NewsNews

Theunis Fichardt Hospitium se deure staan wawyd oop vir pasiënte

“Gerugte dat die bekende Theunis Fichardt Hospitium moontlik sy deure moet sluit is nie waar nie,” het Adri Ras, streekbestuurder van Kansa Polokwane en Waterberg Dinsdag aan Polo­kwane Observer gesê. “Wat wel waar is, is dat die hospitium en Kansa voor groot finansiële uitdagings in 2017 staan,” het sy gesê en bygevoeg dat die gemeenskap …

“Gerugte dat die bekende Theunis Fichardt Hospitium moontlik sy deure moet sluit is nie waar nie,” het Adri Ras, streekbestuurder van Kansa Polokwane en Waterberg Dinsdag aan Polo­kwane Observer gesê.
“Wat wel waar is, is dat die hospitium en Kansa voor groot finansiële uitdagings in 2017 staan,” het sy gesê en bygevoeg dat die gemeenskap se ondersteuning, hulp en insette nou baie noodsaaklik is.
Ras bring dit weer eens onder die publiek se aandag dat alle pasiënte met enige mediese toestand in die hospitium opgeneem kan word as ‘n bed beskikbaar is en nie, soos algemeen aanvaar word, slegs kankerpasiënte nie.
“Die hospitium is ten volle toegerus as ‘n mediese versorgingseenheid en opgeleide professionele personeel sien 24-uur na pasiënte om,” sê Ras.
Vir verder navrae kan Ras by 015 297 3459 of 082 497 7149 geskakel word.
Die funksie wat Vrydag sou plaasvind waar­tydens die hospitium hul 25ste verjaarsdag sowel as hul naamverandering te­same met Kansa se 85ste verjaarsdag sou vier, is eers uitgestel.
“Ons het meer tyd nodig om die naamverandering te finaliseer en beplan nuwe inisiatiewe. Die funksie vind definitief plaas, maar net op ‘n later datum,” sê Ras.
Die bekroonde sanger, Heinz Winckler, sou môreaand (Vrydag) by Bolivia Lodge as gaskunstenaar optree en het bevestig dat hy steeds deel van die geleentheid op ‘n ander datum sal wees.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Hooffoto: Adri Ras, streekbestuurder Kansa Polokwane Waterberg. 

Related Articles

Back to top button