Eagar Aquatics vereer beste swemmers
Eagar Aquatics het Saterdag hul jaarlikse prysuitdeling in die Polokwane Wildreservaat gehou en vlak 1 tot 3-swemmers vir hul prestasies vereer. Ude Fuchs en Sulé van der Merwe het elk ses toptoekennings ontvang met Ude wat ook as Swemmer van die Jaar aangewys is. Volledige uitslae van Eagar Aquatics se jaarlikse prysuitdeling is as volg: …
Eagar Aquatics het Saterdag hul jaarlikse prysuitdeling in die Polokwane Wildreservaat gehou en vlak 1 tot 3-swemmers vir hul prestasies vereer. Ude Fuchs en Sulé van der Merwe het elk ses toptoekennings ontvang met Ude wat ook as Swemmer van die Jaar aangewys is.
Volledige uitslae van Eagar Aquatics se jaarlikse prysuitdeling is as volg:
Ude Fuchs – Beste algehele vlak 3-prestasie, internasionale deelname, beste nasionale swemmer by alle junior en senior galas, senior seun met die meeste punte en Swemmer van die Jaar.
Sulé van der Merwe – Beste senior vlak 3-swemmer, beste enkelprestasie in vlak 3, beste prestasie gedurende die seisoen, beste vordering en beste swemmer tydens nasionale junior en senior galas.
Ethan Anderson – Meeste punte as intermediêre swemmer en beste vordering vir senior seuns.
Ivan Beukes – Beste seun tydens die junior Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
Rhys Broderick – Beste niekompeterende seun.
Abigail Olivier – Beste niekompeterende meisie.
Juan Randall – Eerste jaar in kompeterende swem, seun.
Jenny Zang – Eerste jaar in kompeterende swem, meisie.
Kyle Bridger en Ruan Potgieter – Junior seun met meeste punte 12 jaar en jonger.
Cherise Swarts – Junior meisie met meeste punte 12 jaar en jonger.
Antoinette Fuchs – Intermediêre meisie met meeste punte en beste vlak 2-meisie.
Ashleigh Hunter – Senior meisie met meeste punte.
Ruan Potgieter – Beste vordering, junior seun.
Kano Tjia – Beste vordering, junior meisie.
Robert O’Reilly – Spanmaat van die Jaar (seun).
Marjoné de Beer – Spanmaat van die Jaar (meisie).
AJ Jordaan – Spanmaat van die Jaar (senior seun).
Zané Steele – Spanmaat van die Jaar (senior meisie) en beste prestasie vlak 2-meisie.
Ruan Buitendach – Beste prestasie, vlak 1-seun.
Kamalan Naidoo – Beste prestasie, vlak 2-seun.
Story and photos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Featured photo: Die algehele beste seunswemmer tydens die junior Suid-Afrikaanse Kampioenskappe is Ivan Beukes.