Local NewsNews
Jannie Moolman bekoor met treffers
Bekende tenoor, Jannie Moolman het verlede Donderdagaand die gehoor by Curro Heuwelkruin aan sy voete gehad met treffers soos ‘O sole mio’, ‘Angelina’, ‘Liefling’ en ‘Nessum Dorma’. Eben Lingenfelder, uitvoerende hoof van die skool, het gaste vir hul ondersteuning bedank en benadruk dat die opbrengs tot voordeel van die leerders aangewend sal word. Janiel Lambrechts, …
Bekende tenoor, Jannie Moolman het verlede Donderdagaand die gehoor by Curro Heuwelkruin aan sy voete gehad met treffers soos ‘O sole mio’, ‘Angelina’, ‘Liefling’ en ‘Nessum Dorma’.
Eben Lingenfelder, uitvoerende hoof van die skool, het gaste vir hul ondersteuning bedank en benadruk dat die opbrengs tot voordeel van die leerders aangewend sal word.
Janiel Lambrechts, ‘n organiseerder, sê die aand was ‘n enorme sukses.
Die funksie is deur die skool se Kremetartklub gereël om sportafrigters by te staan. Teen druktyd is die bedrag wat ingesamel is nog nie finaal bereken nie.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com
Hooffoto: Jannie Moolman tree tydens ‘n Curro Heuwelkruin-geldinsameling op.