NewsSchools

Tommies wys nuwe leerderraad, hoofleiers aan

Die tradisionele kersoorhandigingseremonie van die huidige Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) vir 2017 se leiers het verlede Woensdagaand by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé plaasgevind. Leerders wat tot die raad verkies is, het sertifikate en balkies tydens die spesiale geleentheid ontvang wat ook deur hul trotse ouers bygewoon is. Ronay Delport en Armich Lottering is as hoofmeisie …

Die tradisionele kersoorhandigingseremonie van die huidige Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) vir 2017 se leiers het verlede Woensdagaand by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé plaasgevind.
Leerders wat tot die raad verkies is, het sertifikate en balkies tydens die spesiale geleentheid ontvang wat ook deur hul trotse ouers bygewoon is.
Ronay Delport en Armich Lottering is as hoofmeisie en -seun, of voorsitters van die raad aangewys terwyl Patrick Maraba en Reghardt Williams (ondervoorsitters sport), Johan Potgieter en Dioné Cilliers (ondervoorsitters kultuur) en Chris Viljoen en Christelle Oosthuizen (ondervoorsitters akademie) in hul onderskeie portefeuljes ingehuldig is.
Prince Mulea is die nuwe koshuishoofseun.

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: VLR-voositters vir 2017 is Ronay Delport en Armich Lottering.

Koshuisvader, Dirk Markgraaff saam met die nuutverkose koshuis-hoofseun, Prince Mulea.
Koshuisvader, Dirk Markgraaff saam met die nuutverkose koshuis-hoofseun, Prince Mulea.
Christelle Oosthuizen en Chris Viljoen is ondervoorsitters akademie.
Christelle Oosthuizen en Chris Viljoen is ondervoorsitters akademie.
Die ondervoorsitters sport is Re-ghardt Williams en Patrick Maraba.
Die ondervoorsitters sport is Re-ghardt Williams en Patrick Maraba.
Dioné Potgieter en Johan Cilliers is ondervoorsitters kultuur.
Dioné Potgieter en Johan Cilliers is ondervoorsitters kultuur.

Related Articles

Back to top button