Sport

Limpopo Blou Bulle laat Mpumalanga Pumas in Curriebeker les opsê

Die Limpopo Blou Bulle het Saterdag ‘n tuissege teen die Pumas van Mpumalanga op die ou Peter Mokaba Stadion behaal en die besoekers met 27-17 in die Curriebekerreeks vir o.20-spanne getroef. Die Blou Bulle het die wedstryd goed begin met Juvan Stimie wat in die negende minuut die eerste drie aangeteken het. Ses minute later …

Die Limpopo Blou Bulle het Saterdag ‘n tuissege teen die Pumas van Mpumalanga op die ou Peter Mokaba Stadion behaal en die besoekers met 27-17 in die Curriebekerreeks vir o.20-spanne getroef.
Die Blou Bulle het die wedstryd goed begin met Juvan Stimie wat in die negende minuut die eerste drie aangeteken het. Ses minute later het Theunis Sauer ‘n strafskop tussen die pale deurgestuur. Die Pumas kon met ‘n drie en doelskop slaag wat die halfeindtelling op 8-7 in die Bulle se guns te staan gebring het.
In die tiende minuut van die tweede helfte het Reybhard Fourie ook agter die pale gaan kuier met Sauer wat die drie verdoel het. Die Pumas het vinnig met ‘n drie geantwoord wat nie verdoel kon word nie.
Ruan Grundelingh het in die 63ste minuut ‘n drie gedruk en Fourie het drie minute voor die eindfluitjie weer daarin geslaag om oor die doellyn te duik wat Jason Makhari verdoel het.
Die Bulle lê tans derde op die punteleer en speel op 17 September in Polokwane teen die Griffons.

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Blou Bulle-kaptein, Juvan Stimie loop ‘n opponent storm.

Frans Botha word platgetrek.
Frans Botha word platgetrek.
Theunis Sauer skop pale toe.
Theunis Sauer skop pale toe.
JPAlberts gebruik die gaping om veld te wen.
JPAlberts gebruik die gaping om veld te wen.
Marnus Koorts wag sy opponent in.
Marnus Koorts wag sy opponent in.

Related Articles

Back to top button