NewsSchools

Heuwelkruin Laerskool kry nuwe hoof

Freddie du Preez is terug in die stad en sal met die aanvang van die vierde kwartaal by Curro Heuwelkruin se laerskool as operasionele hoof aansluit. Uitvoerende hoof, Eben Lingenfelder sê Du Preez het in 1988 aan die Hoërskool Balfour matrikuleer waarna hy aan die destydse Normaal Kollege Pretoria onderwys studeer het. “Hy het sy …

Freddie du Preez is terug in die stad en sal met die aanvang van die vierde kwartaal by Curro Heuwelkruin se laerskool as operasionele hoof aansluit.
Uitvoerende hoof, Eben Lingenfelder sê Du Preez het in 1988 aan die Hoërskool Balfour matrikuleer waarna hy aan die destydse Normaal Kollege Pretoria onderwys studeer het.
“Hy het sy onderwysloopbaan in 1994 aan Laerskool Thabazimbi begin waarna hy ‘n jaar later in 1995 tot in 2005 aan Pietersburg Laerskool (PLS) verbonde was waar hy diep spore as sportafrigter getrap het en ook as departementshoof opvoedkundige leiding waargeneem het,” sê Lingenfelder.
Dit is veral as rugby-afrigter waar Du Preez sy merk gemaak het met vier provinsiale wenspanne en ‘n super 12-titel agter sy naam.
“In 2006 het hy onderwys vir die privaatsektor verlaat, maar die onderwys-bloed het te diep in sy are gevloei en in Janurie 2011val hy weer in by Laerskool Middelburg. Du Preez was ook van 2008 tot 2013 by Gretha Wiid se skoolverwisselings- en lewensvaardighedekampe betrokke waar hy sy sterk Christelike lewensbeskouing kon uitleef,” sê Lingenfelder.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Die nuwe operasionele hoof van Curro Heuwelkruin se laerskool, Freddie du Preez saam met sy seun, Stephan, vrou, Mariaan en dogter, Lieneke. 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button