Sport

Noordelikes verseker hul plek in Boet Fick semifinaal

Goldwagen Noordelikes spog vanjaar met ‘n dubbele driekuns nadat al drie hul spanne vir die derde agtereenvolgende jaar na die semifinaal van die Boet Fickliga deurgedring het. Die rooimasjien kan verder naam maak en op hul sukses van verlede jaar voortbou indien die spanne dit kan regkry om vanjaar weer die liga te wen. Die …

Goldwagen Noordelikes spog vanjaar met ‘n dubbele driekuns nadat al drie hul spanne vir die derde agtereenvolgende jaar na die semifinaal van die Boet Fickliga deurgedring het.
Die rooimasjien kan verder naam maak en op hul sukses van verlede jaar voortbou indien die spanne dit kan regkry om vanjaar weer die liga te wen.
Die derdespan het onlangs reeds hul beslissende wedstryd gespeel wat hulle ‘n plek in die semifinaal besorg het terwyl die eerste- en tweedespan Saterdag teen Potgietersrus Rugbyklub kragte gemeet het.
Noordelikes het die belangrikheid van ‘n oorwinning besef en hul oppo­nente min kans gegun om punte aan te teken.
Die tweedespan se Stefan Schoeman was vuurwarm en het drie drieë aangeteken terwyl sy spanmaats, Jacques Strydom, Eugene van Tonder en Duncan van der Walt ook agter die pale gekuier het. Martin Stone het met een doelskop geslaag wat die eindtelling op 31-17 te staan gebring het.
Die eerstespan het Potties met ‘n telling van 91-0 oorrompel. Die span was van meet af aan in volle beheer en spelers soos Wouter de Villiers en Zander Byleveldt is vir hul puik spel geprys.

 

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Noordelikes se regtervleuel, Jacques Strydom dryf vorentoe. 

 

Stefan Schoeman ontglip sy opponent.
Stefan Schoeman ontglip sy opponent.
Warm aksie met die veelsydige Runaldo Varela.
Warm aksie met die veelsydige Runaldo Varela.
Martin Stone van Noordelikes se tweedespan is gevaarlik in die agterlyn.
Martin Stone van Noordelikes se tweedespan is gevaarlik in die agterlyn.

Related Articles

Back to top button