Sport

Zani-kleuters pronk by prysuitdeling

Zanis Gymnastics Academy het verlede week en vandeesweek hul halfjaar-prysuitdeling vir kleutergimnaste gehou waartydens hulle kon wys wat hulle die jaar tot dusver geleer het. Hoofafrigter, Zani Prinsloo sê tydens die prysuitdeling ontvang gimnaste ‘n lint vir goeie vordering waarna hulle aan die einde van die jaar medaljes ontvang. “Al die Zanis-ouers word na elke …

Zanis Gymnastics Academy het verlede week en vandeesweek hul halfjaar-prysuitdeling vir kleutergimnaste gehou waartydens hulle kon wys wat hulle die jaar tot dusver geleer het.
Hoofafrigter, Zani Prinsloo sê tydens die prysuitdeling ontvang gimnaste ‘n lint vir goeie vordering waarna hulle aan die einde van die jaar medaljes ontvang.
“Al die Zanis-ouers word na elke prysuitdeling genooi omdat dit al tyd is wanneer ons regtig interaksie met die ouers het. Die prysuitdelings neem altyd die vorm van ‘n volwaardige les aan met die toekennings aan die einde.
“Dit dien ook as goeie motivering vir die gimnaste om hul ouers teenwoordig te hê,” sê sy.
Die kleuters se programme sluit sleutelbewegings in en elke gimnas ontvang ‘n voorbeeld daarvan om by huis saam met ouers of maats te oefen.

Hoof foto: RC Myburgh – Jayde Bell en Chikomborero Chidurire saam met hul afrigter, Lesley Bonne.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Nsuku Mabaso spring  flink heen en weer  oor ‘n apparaat.
Nsuku Mabaso spring flink heen en weer oor ‘n apparaat.

Related Articles

Back to top button