Sport

Bosveld Intervarsity beloof aksie

Alles verloop vlot en die tafel is gedek vir die gewilde Bosveld Intervarsity wat van 18 tot 21 Mei ‘n groot skare gaan lok. Die wedstryde vind by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé plaas en die BB Groep is die hoofborg aan boord. Die tradisieryke intervarsity was in die verlede een van die grootste en …

Alles verloop vlot en die tafel is gedek vir die gewilde Bosveld Intervarsity wat van 18 tot 21 Mei ‘n groot skare gaan lok.
Die wedstryde vind by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé plaas en die BB Groep is die hoofborg aan boord.
Die tradisieryke intervarsity was in die verlede een van die grootste en belangrikste kragmetings tussen die Tommies en Pieties (Hoërskool Pietersburg) op die sportveld wat tot 6 000 toeskouers per geleentheid gelok het, maar in 2004 ‘n stille dood gesterf het. Selfs optogte is deur die stad se strate gehou. Nou is dit weer ‘n realiteit na 12 jaar.
Die twee skole meet kragte in rugby, netbal, hokkie en skaak.
Goeie sportgeleenthede en die herlewing van ‘n gevestigde tradisie is die hoofdoel van die geleentheid, maar ander interessanthede soos ‘n kunsmark word die Saterdag gehou. Uitstalruimte is nog beskikbaar en ‘n kunsuitstalling word ook beplan.
Saterdag 21 Mei pak die rugbybulle mekaar. Die o.14- en o.15B-spanne sê mekaar om 09:00 op die A- en B-veld onderskeidelik die stryd aan terwyl die o.15A- en derdespan om 10:00 mekaar se sterte gaan probeer knoop, die res van die wedstryde word op die A-veld gespeel met die tweedespan om 11:10 en die o.16-span om 12:20.
Die hoogtepunt van die wedstryde is die kragmeting tussen oudleerders van die twee skole om 13:30. Daarna durf die eerstespanne mekaar aan om te bepaal wie na 12 jaar weer die titel as Bosveld Intervarsity-wenners gaan dra.
Vir meer inligting oor uitstalruimte kan Dirk Markgraaff by 081 341 9312 geskakel word of ‘n e-pos na dirk@tomnaude.co.za gestuur word. Vir kunsmarkinligting kan Ria Streicher by 072 103 6426 geskakel word.
Vir algemene inligting kan Kobus de Meyer by 076 849 7573 of sport@tomnaude.co.za gekontak word.

Hoof Foto: RC Myburgh – Hoërskool Pietersburg se hoof, Willie Schoeman en Piet Holtzhau-sen, hoof van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé is tans nog op vriendskaplike voet, maar alles verander dalk op 21 Mei.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button