Bianca Mocke sing haar toekoms oop

Die lewe is vol uitdagings vir talentvolle jong sangeres, Bianca Mocke wat die feit dat sy ses jaar agtereenvolgend ‘n lid van Suid-Afrika se Springbokspan vir Uitvoerende Kunste was, as ‘n hoogtepunt van haar sangloopbaan uitsonder. Vanaf 2011 tot 2016 is sy nog jaarliks lid van die Springbokspan vir Uitvoerende Kunste en het Suid-Afrika in …

Die lewe is vol uitdagings vir talentvolle jong sangeres, Bianca Mocke wat die feit dat sy ses jaar agtereenvolgend ‘n lid van Suid-Afrika se Springbokspan vir Uitvoerende Kunste was, as ‘n hoogtepunt van haar sangloopbaan uitsonder.
Vanaf 2011 tot 2016 is sy nog jaarliks lid van die Springbokspan vir Uitvoerende Kunste en het Suid-Afrika in 2013 in Los Angeles in die Verenigde State by die Wêreldkampioenskap vir Uitvoerende Kunste verteenwoordig.
“Die beoordelaars het my vier keer teruggeroep om met my te praat,” vertel sy trots.
Mocke het in 2009 aan Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane gematrikuleer en onderrig sedertdien sangstudente in Polokwane, Mokopane, Mookgophong en Modimolle. Sy het ‘n praktiese graad 8-musiekkwalifikasie aan Unisa verwerf.
Haar musiekloopbaan het op vierjarige ouderdom begin toe sy tydens ‘n vakansie in Durban ‘n talentkompetisie met haar vertolking van Elvis Presley se ‘Suspicious minds’ gewen het, maar sy het eers in graad 8 ernstig aan sangkompetisies begin deelneem.
In 2007 het sy in die Supersterrekompetisie in Johannesburg tot die tweede ronde
deurgedring. Eisteddfods is haar kos en in 2015 het sy drie diplomas, die hoogste toekenning van die Nasionale Eistedfod Akade-mie (NEA) ontvang. Sy het ook in 2009 by die Kierieklapper Kunstefees in Mokopane as gaskunstenaar opgetree.
Mocke is een van 12 ambassadeurs van Performer Corner, ‘n agentskap wat nuwe ta-lent ontdek en aanmoedig om aan sangkompetisies deel te neem. Sy is ook ‘n aktivis vir gemeenskapsake en voer tans ‘n veldtog teen munisipaliteite wat versuim om voldoende water aan gemeenskappe te lewer.
Mocke het sover 19 goue, 28 silwer- en 28 bronsmedaljes in verskillende genres by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste in Rustenburg verower en haar studente stel ook nie teleur nie.
Kaylyn Botha wat in 2014 ‘n kategoriewenner by die Abrakadabra Kunstefeees in Bela-Bela en in 2015 ‘n kategoriewenner van die NEA was, is een van haar studente op wie sy baie trots is, terwyl Cecilia Bosch, ‘n ander student, ook die wenner in twee NEA-kategorieë was.
Haar ouers, broer en suster is haar grootste ondersteuners en woon sover moontlik al haar optredes by. Die geheim van hierdie mezzosopraan is harde werk. “Geleenthede kom nie net na ‘n mens toe nie, jy moet dinge maak gebeur, maar altyd nederig bly,” glo sy.

Hoof Foto: Barry Viljoen – Bianca Mocke het Suid-Afrika al by die Wêreldkampioenskap vir Uitvoerende Kunste in Amerika verteenwoordig.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button