Egpaar sê weer ‘ja’ na 61 jaar
Die Stokkiesdraaiklub van Vergeet My Nie Behuisingsentrum het onlangs ‘n kamma troue vir inwoners, Faan en Cecile Otto, gehou. Die ‘troue’ het in Martha Hofmeyr Tehuis-saal plaasgevind met selfs ‘n troukoek. Gaste het ‘n glasie op die egpaar wat hul 61ste huweliksherdenking gevier het, se geluk geklink en daarna is die braaivleisvure aangesteek en behoorlik …
Die Stokkiesdraaiklub van Vergeet My Nie Behuisingsentrum het onlangs ‘n kamma troue vir inwoners, Faan en Cecile Otto, gehou.
Die ‘troue’ het in Martha Hofmeyr Tehuis-saal plaasgevind met selfs ‘n troukoek. Gaste het ‘n glasie op die egpaar wat hul 61ste huweliksherdenking gevier het, se geluk geklink en daarna is die braaivleisvure aangesteek en behoorlik makietie gehou.
Stokkiesdraaiklub se lede is almal inwoners van Vergeet My Nie Behuisingsentrum en die komitee reël gereeld byeenkomste waar inwoners kan saamkuier en ontspan. Hulle hou maandeliks ‘n straatpartytjie tussen die wooneenhede indien die weer dit toelaat.
Die Otto-egpaar het in Januarie by Vergeet My Nie ingetrek en vertel dat hulle reeds ‘n hegte band met ander inwoners gevorm het. Hulle het die klublede vir die spesiale partytjie bedank. “Ek het geweet ons het vriende hier, maar ek het nie geweet ons het sulke goeie vriende nie,” het Faan gesê.
Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com
Hooffoto: Faan en Cecile Otto ‘trou’ weer om hul 61ste huweliksherdenking te vier.