BusinessNews

Piet Hugo-eersterugbyspan spog met nuwe hemde, sakke

Laerskool Piet Hugo se eerste-rugbyspan het Dinsdagoggend spoggerig met hul splinternuwe hemde en sportsakke gepronk net voor hul vertrek op ‘n rugbytoer na Hoedspruit. Die span beplan om hul skool se naam tydens ‘n rugbytoer na Laerskool Mariepskop hoog te hou en die spelers was in hul noppies met die pragtige nuwe uitrustings wat hulle …

Laerskool Piet Hugo se eerste-rugbyspan het Dinsdagoggend spoggerig met hul splinternuwe hemde en sportsakke gepronk net voor hul vertrek op ‘n rugbytoer na Hoedspruit.
Die span beplan om hul skool se naam tydens ‘n rugbytoer na Laerskool Mariepskop hoog te hou en die spelers was in hul noppies met die pragtige nuwe uitrustings wat hulle ontvang het. Besighede wat die span help borg het, sluit onder meer Hensa Rentals, Just Diesel Polokwane en Vencor in. Ander borge het verkies om anoniem te bly.
Waarnemende skoolhoof, Werner Christou sê dat die skool dankbaar vir elke borgskap is. “Die spelers het baie uitgesien na die toer en lyk baie netjies en professioneel in hul nuwe hemde,” sê Christou.
Die spelers kon nie wag om hulle hemde oor hulle koppe te trek nie en die sportsakke het handig te pas gekom toe hulle vir die toer moes pak.
Tydens die toer sal spelers
geleentheid kry om hulle rugbyvaardighede op te knap en teen rugbyspe­lers van ander skole kragte te meet. Hulle gaan ook aan verskeie aktiwiteite soos avontuurwatersport deelneem.
‘n Rugby­kliniek word ook tydens die toer as voorbereiding vir die rugbyseisoen aangebied.

Hoof foto: Onderkaptein en kaptein van Laerskool Piet Hugo se eerste-rugbyspan, Mulweli Mudau en Franco van Dyk met hul geborgde hemde.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Laerskool Piet Hugo se eersterugbyspan met hulle geborgde hemde en sakke.
Laerskool Piet Hugo se eersterugbyspan met hulle geborgde hemde en sakke.
Foto’s: Leandri van Schalkwyk Spelers van Piet Hugo se eerste-rugbyspan in die toerbus net voor hul vertrek. Theo Weidemann, Werner Kotze, Franco van Dyk (kaptein) en Thabiso Maila.
Foto’s: Leandri van Schalkwyk
Spelers van Piet Hugo se eerste-rugbyspan in die toerbus net voor hul vertrek. Theo Weidemann, Werner Kotze, Franco van Dyk (kaptein) en Thabiso Maila.
Personeel wat die eerste-rugbyspan op hul toer na Hoedspruit vergesel,  is eerstespan-afrigters Werner Christou, waarnemende hoof, Krisjan van Dyk, rugby-organiseerder, Flippie du Plessis, Kevin Smith en Marinus Cloete.
Personeel wat die eerste-rugbyspan op hul toer na Hoedspruit vergesel, is eerstespan-afrigters Werner Christou, waarnemende hoof, Krisjan van Dyk, rugby-organiseerder, Flippie du Plessis, Kevin Smith en Marinus Cloete.

Related Articles

Back to top button