Local NewsNews

Polisieman sterf na gevangene se aanval in voertuig, botsing

Die polisieman van Modimolle, Marius Bouwer wat verlede Donderdag in ‘n botsing buite Pretoria oorlede is nadat ‘n gevangene wat hy vervoer het hom aangeval het, word môre (Vrydag) in dié dorp ter ruste gelê. Woordvoerder van die Modimolle Polisiestasie, James sê Bouwer is dood nadat hy ‘n gevangene vanaf Modimolle na die Kgoshi Mampuru …

Die polisieman van Modimolle, Marius Bouwer wat verlede Donderdag in ‘n botsing buite Pretoria oorlede is nadat ‘n gevangene wat hy vervoer het hom aangeval het, word môre (Vrydag) in dié dorp ter ruste gelê.
Woordvoerder van die Modimolle Polisiestasie, James sê Bouwer is dood nadat hy ‘n gevangene vanaf Modimolle na die Kgoshi Mampuru Korrektiewe Sentrum in Pretoria vervoer het.
“Die gevangene, wat vir dronkbestuur aangekeer en vir ander misdrywe in Gauteng gesoek is, het Bouwer glo van die agterste sitplek af aangeval. Bouwer het net buite Pretoria beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n muur gebots,” sê Findlay.
Hy het Bouwer as ‘n hardwerkende man beskryf. “Hy was langer as 30 jaar in diens van die polisie en ‘n speurder by die stasie in Modimolle. Die polisie in Villieria, Pretoria ondersoek ‘n saak van strafbare manslag,” sê Findlay. Die gevangene is ernstig beseer en onder polisiebewaking in ‘n hospitaal in Pretoria.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button