NewsSchools

Mariana Badenhorst lê tuig na 44 jaar neer

Sy leef dag vir dag haar passie vir gasvryheid uit en selfs wanneer Mariana Badenhorst by ‘n restaurant instap, moet kelners versigtig wees om nie oor die vingers getik te word as dit nodig is nie. “Ek kom uit ‘n kosmaakfamilie en was as kind al agter die kospotte bedrywig,” sê die gasvryheidstudiesleerkrag en adjunkhoof …

Sy leef dag vir dag haar passie vir gasvryheid uit en selfs wanneer Mariana Badenhorst by ‘n restaurant instap, moet kelners versigtig wees om nie oor die vingers getik te word as dit nodig is nie.
“Ek kom uit ‘n kosmaakfamilie en was as kind al agter die kospotte bedrywig,” sê die gasvryheidstudiesleerkrag en adjunkhoof van Hoërskool Pietersburg (PHS) wat aan die einde van die eerste kwartaal aftree.
Badenhorst het in 1963 as graad 8-groentjie by PHS aange-sluit en in 1967 gematrikuleer waarna sy onderwys by die destydse onderwyskollege in Pot-chefstroom studeer het. In 1972 het sy by PHS as jong onderwy-ser in huishoudkunde, Afrikaans en Bybelkunde ingestap.
“In 2008 is ek as adjunkhoof van PHS aangestel; dieselfde tyd wat Willie Schoeman as hoof aangestel is. Ek het vreeslik baie by vorige skoolhoofde geleer, maar Schoeman het my baie oor interaksie met kinders sowel as kollegas geleer. Ek is goed met mense, maar kon steeds by hom baie leer. Dit is aangenaam om my loopbaan onder sy leiding af te sluit.”
Dit stuur glo soms op ‘n ba-kleiery af oor wie aandete in die Badenhorsthuis moet voorberei omdat haar hele gesin en familie nie net kos maak om mae vol te kry nie. “Ons eet spoggerige disse en neem kosmaak werklik na die volgende vlak. Ek het nie ‘n gunstelingdis
nie omdat ek die heeltyd nuwe resepte optower en eksperimenteer. Floppe is deel van kosmaak en ek het al ‘n paar oneetbares gemaak. Wanneer dit by restaurante kom, help ek vinnig ‘n kelner reg en toets sommer sy wynkennis.”
Sy herroep male sonder tal se kompetisies wat haar naaldwerkleerders gewen het. “Een jaar was ‘n uitsondering en hoogtepunt toe een van my leerders ‘n kompetisie gewen het met ‘n deftige sweetpak wat sy gemaak het. Ek en sy het elke oomblik in Switserland as kompetisieprys geniet,” spog sy.
Badenhorst sê sy het die meeste uitgesien na die restaurantetes by die skool.
“Elke ete was ‘n gebeurtenis. Dit is hier waar jy leerders kon sien ontwikkel en waar dieper bande gesmee is. Dit is harde werk, maar die leerders maak elke oomblik die moeite werd. Ek sal natuurlik die leerders die meeste mis. Geen werk gee jou groter belo-ning as die onderwys nie. Om ‘n verskil in iemand se lewe te maak, is sielskos,” sê sy.
Sy neem tegnologie maak ‘n groot verskil in die werkslading van die hedendaagse onderwysopset, maar sy het gelukkig saam gegroei en verander.
“Onderwysers en leerders het baie meer interaksie en raak makliker geheg aan mekaar. Daarom is dit ‘n groter uitdaging om jou afstand te behou. Daarbenewens is armoede onder leerders ‘n groot struikelblok. Behoeftige leerders moet deurgaans geleent-heid gegee word om goeie onderrig te ontvang en dit kan skole soms duur te staan laat kom.” Om die rede is sy een van PHS se Behoeftige Fonds-stigterslede.
Sy is nog nie seker wat sy gaan doen wanneer sy haar rooi pen finaal wegpak nie. “Ek sal graag kosdemonstrasies wil doen en selfs kelners oplei indien daar ‘n behoefte is.”
Haar magdom kennis en ervaring van naaldwerk en die kulinêre bedryf kan ander net tot voordeel strek.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button