Local NewsNews

Hartroerende tonele by Relay For Life

Emosionele tonele het Vrydag­aand by Relay For Life 2015 afgespeel toe die gemeenskap mense wat hulle stryd teen kanker verloor het en ander wat steeds voortveg, vereer het. Deernis, herinneringe, hartseer, dankbaarheid en liefde is deur familielede en geliefdes tydens die agste jaarlikse byeenkoms in Polokwane ervaar. Volgens David Booth, Relay For Life-projekkoördineerder is vanjaar …

Emosionele tonele het Vrydag­aand by Relay For Life 2015 afgespeel toe die gemeenskap mense wat hulle stryd teen kanker verloor het en ander wat steeds voortveg, vereer het.
Deernis, herinneringe, hartseer, dankbaarheid en liefde is deur familielede en geliefdes tydens die agste jaarlikse byeenkoms in Polokwane ervaar. Volgens David Booth, Relay For Life-projekkoördineerder is vanjaar se byeenkoms uitstekend deur die publiek ondersteun en R200 050 is reeds ingesamel. Hy sê 88 staanplekke is vanjaar deur deelnemende spanne bespreek.
Booth meen vanjaar se geleentheid was baie doeltreffend en hy is bly om te sien dat dit gewilder word na ‘n effense afname in belangstelling die afgelope paar jaar.
Booth sê dat daar in die toekoms definitief weer ‘n tema sal wees, omdat dit vir ekstra gees sorg.
“Vanjaar het meer mense langer gebly en ek is dankbaar vir elkeen wat ‘n bydrae gelewer het om die aand suksesvol te maak en Kansa Polokwane se projek te ondersteun,” sê Booth.
Hy meen dat vanjaar se byeenkoms ekstra spesiaal was omdat ‘n vliegtuig met kankeroorwinnaars aan boord oor die stadion gevlieg het terwyl kankeroorwinnaars om die baan gestap het. (Sien berig elders)
Motorfietsryers het ook ritte om die baan tot groot vermaak van deelnemers aangebied.
Die verrigtinge het stiptelik om 18:00 begin waar kankeroorwinnaars, mense wat met kanker gediagnoseer is, en hul versorgers die eerste ronde om die baan gestap het.
‘n Luminariaseremonie het ook plaasgevind waar kerse aangesteek is vir diegene wat hulle stryd teen kan­ker verloor het. Die stadion se ligte is tydens die diens afgesit en familie en vriende het in die donker tyd aan hul geliefdes se nagedagtenis gewy. Kansa Polokwane se kantoorbestuurder, Corné Marais sê dat sy al twaalf Relay For Life-byeenkomste landwyd bygewoon het en dat Vrydagaand se Luminariaseremonie een van die stilste was wat sy nog beleef het.
Teen 06:00 Saterdagoggend het die laaste paar mense hulle rondes voltooi en is die geleentheid afgesluit.
Booth sê dat elke sweetdruppel die moeite werd was en dat hy gereed is vir volgende jaar se byeenkoms.

Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

news3 news4 news5 news6 news7 news8 news9 news10 news11 news12 news13 news14 news15 news16 news18 news19 news21 news22 news17 news20

 

Related Articles

Back to top button