Local NewsNews

Verkrag by gimnasium

Die beweerde verkragting van ‘n jong vrou Maandagaand by ‘n bekende gimnasium en gesondheidswinkel in ‘n andersins veilige besigheidskompleks in Bendor het skokgolwe deur die plaaslike gemeenskap gestuur. Die slagoffer is glo tydens toemaaktyd deur ‘n onbekende man oorval, met ‘n mes aangehou, beroof en verkrag. Volgens inligting het die voorval net na 18:00 gebeur. …

Die beweerde verkragting van ‘n jong vrou Maandagaand by ‘n bekende gimnasium en gesondheidswinkel in ‘n andersins veilige besigheidskompleks in Bendor het skokgolwe deur die plaaslike gemeenskap gestuur.
Die slagoffer is glo tydens toemaaktyd deur ‘n onbekende man oorval, met ‘n mes aangehou, beroof en verkrag.
Volgens inligting het die voorval net na 18:00 gebeur. Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van verskeie sektore se hulp is ingeroep om die man, wat glo op ‘n fiets gevlug het, op te spoor. “Dit was goed om te sien hoe meer as 100 GPF-lede binne minute kan saamspan. Ons het tot na middernag die strate gefynkam, maar sonder sukses,” sê GPF sektor 2-voorsitter, Johan Retters.
Polokwane polisie se kommunikasiehoof, Ntobeng Phala het die voorval bevestig.
“Volgens inligting was die vrou, ‘n werknemer van die gimnasium, besig om te sluit toe sy van agter aangeval is.
“Die aanvaller het glo sy hand oor die slagoffer se mond en ‘n mes teen haar keel gehou. Hy het geld geëis en het die vrou in die winkel in forseer om die geldkas oop te sluit,” sê Phala.
Hy het glo geld en die slagoffer se selfoon gevat en haar verkrag voordat hy van die toneel gevlug het, volgens Phala. Hy kon nie sê of die fiets waarmee die aanvaller na bewering gevlug het, by die gimnasium gesteel is nie. Intussen het die GPF ‘n beskrywing van die verdagte vrygestel.
Hy word beskryf as iemand met ‘n donker vel, ronde gesig en kaalgeskeerde kop. Hy het glo ook geen littekens bue en is gesprierd.
Hy praat goed Afrikaans en Engels en is ongeveer 1,6 m lank.
“Niemand is nog in hegtenis geneem
nie en persone met inligting word ge­maan om die misdaadnommer by 015 290 6604/5 te skakel,” sê Phala.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button