Local NewsNews

Karwassers oproerig toe munisipaliteit ingryp

Polokwane burgemeester, Thembi Nkadimeng, se poging om Vrydag met onwettige karwassers in die sentrale sakekern te kommunikeer nadat hulle strate versper en asblikke omgekeer het, was nie geslaagd nie en die besluit is geneem dat die Polokwane Munisipaliteit interne onderhandelinge sal voortsit om die probleem aan te spreek. Nkadimeng het Vrydag ‘n groep ongelukkige karwassers …

‘n Betaalhokkie by ‘n parkeerarea in Thabo Mbekistraat is omgegooi.
‘n Betaalhokkie by ‘n parkeerarea in Thabo Mbekistraat is omgegooi.

Polokwane burgemeester, Thembi Nkadimeng, se poging om Vrydag met onwettige karwassers in die sentrale sakekern te kommunikeer nadat hulle strate versper en asblikke omgekeer het, was nie geslaagd nie en die besluit is geneem dat die Polokwane Munisipaliteit interne onderhandelinge sal voortsit om die probleem aan te spreek.
Nkadimeng het Vrydag ‘n groep ongelukkige karwassers by die Shoprite Lane Shopping Centre in Paul Krugerstraat toegespreek nadat hulle vroeër die oggend in oproer was omdat die munisipaliteit hulle van die perseel wou verwyder.
Nkadimeng is telkens in die rede geval en hulle wou nie na rede luister nie. Sy het die perseel verlaat waarna chaos volgens munisipale bemarking- en kommunikasiebestuurder, Tidimalo Chuene, uitgebreek het.
“Sommige munisipale vullishouers is aan die brand gesteek, paaie is afgesper en ‘n gemeenskapsveiligheidsbeampte het geringe beserings opgedoen,” sê Chuene.
Vullisdromme is omgekeer, paaie versper en lede van die munisipale gemeenskapsveiligheid-afdeling is met klippe bestook.
Nkadimeng het aan die karwassers verduidelik dat die munisipaliteit lank reeds die proses om wassers in die sakekern te reguleer, bespreek het en dat gereelde vergaderings, wat besighede insluit, gehou is.
Deel van die proses is om hulle op ‘n databasis te plaas met die oog op regulering. Dit blyk dat die karwassers ongelukkig is omdat hulle op die databasis geregistreer moet word.
“Die munisipaliteit bly toegewy daaraan om stabiele ekonomiese ontwikkelingsinisiatiewe te skep en dit vorm die basis van elke vergadering,” sê Chuene.
Die karwassers was nie bereid om met Polokwane Observer op die toneel te praat oor hul griewe nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button