Ontvangspersoneel terug op skoolbanke

Eenmaal ‘n jaar gaan ‘n uitnodi-ging uit na die ontvangspersoneel van al die mediese praktyke in die dorp: dis tyd om makietie te hou. Redimed was vanjaar die gasheer van die 16de jaarlikse Ontvangsdamefunksie van Polokwane wat Vrydag-aand by Laerskool Pietersburg-Oos aangebied is. Die tema was ‘Terug skool toe’ en die organiseerders het behoorlik uitgehang …

Eenmaal ‘n jaar gaan ‘n uitnodi-ging uit na die ontvangspersoneel van al die mediese praktyke in die dorp: dis tyd om makietie te hou.
Redimed was vanjaar die gasheer van die 16de jaarlikse Ontvangsdamefunksie van Polokwane wat Vrydag-aand by Laerskool Pietersburg-Oos aangebied is.
Die tema was ‘Terug skool toe’ en die organiseerders het behoorlik uitgehang om elke moontlike aspek van die skoollewe op ‘n prettige wyse vas te vang.
Daar was verskillende snoepies met kosblikke vol eetgoed, ‘n Noot vir Noot-spel, ‘n talentkompetisie en selfs ‘n prysuitdeling aan die einde van die aand.
Die skoolkinders het op ‘n pawiljoen gesit soos dit ‘n skool met goeie spangees betaam.
Paul Vorster, mediese praktisyn van Redimed, het die verrigtinge geopen en elke gas bedank vir die diens wat hulle aan die gemeenskap lewer. Hy het gesê die doel van die funksie is om die personeel van verskillende praktyke toe te laat om op informele wyse saam te kuier en “’n gesig by die stem oor die telefoon te kan sit.”
Sonya van den Heever, praktykbestuurder van Redimed en ‘skoolhoof’ vir die aand, het die gaste aangemoedig om hul bekommernisse vir een aand te vergeet en net te ontspan.
Na die amptelike opening het Redimed se personeel die res van die gaste in die ‘skoollied’ gelei; Mark Allandale se immergroen treffer ‘Dis weer vakansietyd’.
Kort voor lank het die skoolsaal se dak gelig toe ‘leerders’ saamge-sing het. Deur die aand was daar verskeie prystrekkings en die wenners van elke kompetisie het ook pryse gewen. Die deelnemers se spanmaats het luidkeels antwoorde en wenke uitgeskree en sodoende ‘n feestelike atmosfeer geskep.
Van den Heever het gesê dat hulle in hul doel geslaag het om mense wat elke dag met siekte, dood en ander ernstige sake moet werk, kans te gee om uit te breek, lekker saam te lag en die remme los te draai.

MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com

Hanlie van Rensburg en Sonya van den Heever van Redimed verwelkom Nicola Drotskie van  Du Buisson en Vennote Polokwane, en Michelle Oelofse van Dr J van der Merwe Radioloë.
Hanlie van Rensburg en Sonya van den Heever van Redimed verwelkom Nicola Drotskie van
Du Buisson en Vennote Polokwane, en Michelle Oelofse van Dr J van der Merwe Radioloë.
Redimed se ‘rugbykap-tein,’ Anuchka Alberts sien toe dat alles by die nageregtafel glad verloop.
Redimed se ‘rugbykap-tein,’ Anuchka Alberts sien toe dat alles by die nageregtafel glad verloop.
Ontvangspersoneel van Dr H Malan Onkoloog maak seker dat hulle nie die skoolbus verpas nie. Hulle is Petro Grobler, Inge Joubert, Anita de Lange, Chantelle Watson en Riëtte Enslin.
Ontvangspersoneel van Dr H Malan Onkoloog maak seker dat hulle nie die skoolbus verpas nie. Hulle is Petro Grobler, Inge Joubert, Anita de Lange, Chantelle Watson en Riëtte Enslin.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button