Sport

EH Hassim Lentetrap hierdie Saterdag

Bergfietsentoesiaste se lang wag is uiteindelik verby en die jaarlikse EH Hassim Lentetrap Mountain Bike Challenge in samewerking met Polokwane Pedellars Cycling Club (PPCC) vind Saterdag in die Polokwane Wildreservaat plaas. Fietsryers vir die 70 km- en 37 km-wedren spring om 08:00 weg en dien as kwalifiserende ronde vir provinsiale kleure. Vir die minder ernstige …

Bergfietsentoesiaste se lang wag is uiteindelik verby en die jaarlikse EH Hassim Lentetrap Mountain Bike Challenge in samewerking met Polokwane Pedellars Cycling Club (PPCC) vind Saterdag in die Polokwane Wildreservaat plaas.
Fietsryers vir die 70 km- en 37 km-wedren spring om 08:00 weg en dien as kwalifiserende ronde vir provinsiale kleure. Vir die minder ernstige en amateur fietsryers bied die organiseerders ook ‘n 17 km-wedren aan. Die jongspan kan sake in die kinderrit uitspook. Peuters tussen 2 en 3 jaar en kleuters tussen 4 en 5 jaar kan vir die verkorte rit naby die ontspanningarea inskryf. Kinders van 4 tot 11 jaar kan vir ‘n 8 km-wedren in die reservaat inskryf, maar moet deur ‘n ouer vergesel word. As ouers vir medaljes in aanmerking wil kom en hul tyd geneem word, moet hulle R30 inskrywingsfooi betaal. Iniskrywings kan môre (Vrydag) by Saloojee Cycle Works tussen 17:30 en 19:00 gedoen word of Saterdag voor die wedren.
Amarillo Spur in Mall of the North is die hoofborg van die kinderrit en Panarottis, ook van Mall of the North, gaan sorg vir ‘n vermaaklikheidsarea vir die kinders. Inskrywings kos onderskeidelik R160, R120, R50 en R30 en kan steeds Saterdag­oggend tussen 06:00 en 07:00 by die wildreservaat gedoen word. Die eerste 200 inskrywings ontvang geskenksakke en medaljes word aan al die ryers wat die onderskeie afstande voltooi, oorhandig. Valhelms is vir alle deelnemers verpligtend.
E-pos inskrywings kan steeds by entries.lentetrap2015@mweb.co.za. gedoen word.
Vir meer inligting kan belangstellendes vir Ronel Delport by 084 515 7739 of Roy Kirkpatrick by 082 443 7807 of kinderritorganiseerder, Annelize Ziehl-Owens by 083 261 9921 skakel.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button