Sport

Oud-Tommie bult spiere in Los Angeles

Hannes Swart, ‘n oudleerder van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat in 1996 gematrikuleer het, is besig om naam in Amerika te maak nadat hy die naweek ge-kies is om aan die Amerikaanse Nasionale Liggaamsboukompetisie deel te neem. Swart het op skool reeds ‘n passie vir ligaamsbou ontwikkel en wou soos enige jong seun graag …

Hannes Swart, ‘n oudleerder van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat in 1996 gematrikuleer het, is besig om naam in Amerika te maak nadat hy die naweek ge-kies is om aan die Amerikaanse Nasionale Liggaamsboukompetisie deel te neem.
Swart het op skool reeds ‘n passie vir ligaamsbou ontwikkel en wou soos enige jong seun graag die perfekte lyf ontwikkel.
Na skool het hy vier keer provinsiale kleure in dié sportsoort verwerf waarna sy droom in 2005 bewaarheid is om na Amerika te verhuis en internasionaal te kon deelneem.
Sy ma, Jeannie Owens sê sy is trots op Hannes wat na 12 jaar se deelname besluit het om vir ‘n laaste keer aan ‘n kompetisie in Los Angeles deel te neem. Tydens dié byeenkoms het Swart ‘n vierde plek in die liggewigafdeling, ‘n tweede plek in die Masters Physique-afdeling en ‘n agste plek in die Open Men’s Physique-afdeling behaal.
Hy het ook gekwalifiseer om op 4 September aan die VSA se nasionale liggaamsboukompetisie in Pittsburg naby New York deel te neem.
Swart het ‘n voltydse werk in Los Angeles en staan elke oggend om 04:30 op om fiksheidoefeninge te doen waarna hy smiddae sy spiere in die gimnasium bou.
Jeannie sê haar seun is opgewonde want dit was nog altyd sy droom om eendag sy liggaamsbouloopbaan op ‘n hoë noot af te sluit.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button