NewsSchools

Wind waai nie entrepreneursgees weg nie

Graad 5-leerders van Akademie Reformia moes onlangs ‘n plan beraam om hul stalletjies te red toe ‘n snerpende wind buite gedreig het om alles weg te waai met hul entrepreneursdag. Die stalletjies is gou na ‘n klaskamer geskuif en daar was geen keer aan die winsmakers nie. Gunstelinge van die dag het eetgoed soos stokbrood, …

Graad 5-leerders van Akademie Reformia moes onlangs ‘n plan beraam om hul stalletjies te red toe ‘n snerpende wind buite gedreig het om alles weg te waai met hul entrepreneursdag.
Die stalletjies is gou na ‘n klaskamer geskuif en daar was geen keer aan die winsmakers nie. Gunstelinge van die dag het eetgoed soos stokbrood, worsrolle en pannekoek ingesluit. Daar was ook oulike speelgoed en snuisterye te koop vir dié wat nog geld oorgehad het nadat die mae gevul is.
Marietha Nel, hoof van Akademie Reformia, het gesê hierdie dag was net so ‘n groot sukses as vorige entrepreneursdae. “Die dae word gehou om aan leerders geleentheid te gee om meer oor besigheid en finansiële bestuur te leer.”
Nel was baie trots op die feit dat die leerders 10% van hul wins aan die Stap vir Bybels-projek geskenk het.
Stap vir Bybels is ‘n gemeenskapsprojek ten bate van Bybelverspreiding wat jaarliks op die skoolterrein van die CVO Skool Vivo aangebied word.
Vanjaar se byeenkoms sal op 19 September plaasvind.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Foto’s: Barry Viljoen - Janus van Aswegen en sy ma, Daleen, beman sy worsbroodjie-stalletjie.
Foto’s: Barry Viljoen
– Janus van Aswegen en sy ma, Daleen, beman sy worsbroodjie-stalletjie.
Lezandré en Rynard Els verkoop speelgoed.
Lezandré en Rynard Els verkoop speelgoed.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button