Local NewsNews

Nigeriër vas na moord in Ladanna

Die polisie het verlede Donderdag ‘n Nigeriër in Doornkraalstraat, Ladanna vasgetrek in verband met die moord op ‘n medelandsburger op 24 Julie, waarna hy vermoedelik die lyk langs die pad naby Ga-Chuene net buite Lebowakgomo gelaat het. Furstinus Izuogo (27) het Donderdag reeds in die Thabamoopo Landdroshof in Lebowakgomo verskyn. Hy is borgtog geweier en …

Die polisie het verlede Donderdag ‘n Nigeriër in Doornkraalstraat, Ladanna vasgetrek in verband met die moord op ‘n medelandsburger op 24 Julie, waarna hy vermoedelik die lyk langs die pad naby Ga-Chuene net buite Lebowakgomo gelaat het.
Furstinus Izuogo (27) het Donderdag reeds in die Thabamoopo Landdroshof in Lebowakgomo verskyn. Hy is borgtog geweier en sal weer later die maand in die hof verskyn.
Die oorledene is as die 32-jarige John Onwukeme geïdentifiseer.
Volgens inligting het die polisie tydens die arrestasie op ‘n wit Volkswagen Golf beslag gelê. Die voertuig is volgens inligting vir forensiese ondersoek gekonfi-skeer omdat vermoed word dat dit gebruik is om die lyk tot by die stortingsplek te vervoer.
Polisiewoordvoerder in Lebowakgomo, Manong Tshehla het die voorval bevestig en gesê Onwukeme is vermoedelik op 24 Julie doodgesteek en sy liggaam is naby Ga-Chuene deur ‘n verbyganger ontdek. Hy het egter die beslaglegging op die motor ontken.
“Onwukeme het ‘n steekwond gehad. Drie komberse is ook langs die liggaam gevind. Die moord was ‘n raaisel en die liggaam het vir dae lank ongeïdentifiseer in die lykshuis gelê. Nadat die man uitgeken is, het die polisie ‘n intense ondersoek na die voorval geloods.
“Izuogo is verlede Donderdag gearresteer en staan tereg op aanklagte van moord en dwarsboming van die gereg,” sê Tshehla.
Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en vorm deel van die ondersoek, volgens Tshehla.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button