Sport

Skeie klap by Pietersburg Jukskeiklub se opedag

Pietersburg Jukskeiklub het Saterdag ‘n opedag by die stad se jukskeibane aangebied wat deur plaaslike spelers asook besoekers van Thabazimbi, Mokopane, Bela-Bela en Louis Trichardt bygewoon is. Skolespanne van Dendron Primary School, Pietersburg Laerskool, Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het hul vernuf op die baan laat geld en met hul tegniek …

Pietersburg Jukskeiklub het Saterdag ‘n opedag by die stad se jukskeibane aangebied wat deur plaaslike spelers asook besoekers van Thabazimbi, Mokopane, Bela-Bela en Louis Trichardt bygewoon is.
Skolespanne van Dendron Primary School, Pietersburg Laerskool, Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het hul vernuf op die baan laat geld en met hul tegniek beïndruk.
Suid-Afrikaanse jukskeiskeidsregter, Dries Kemp, het van die Vaaldriehoek af gekom om ‘n streng oog op die spel te hou.
Die doel van die byeenkoms was om alle jukskei-entoesiaste kans te gee om dié tradisionele spel van nuuts af te ontdek en te geniet. Limpopo se jongste klub, die Bushbabies van Bela-Bela, het hul vernuf teen die meer gevestigde spanne gemeet en uiteindelik hul wedstryd gewen.
Spanne is in vyf informele groeperings
verdeel en die wedstryde is in hierdie groepe gespeel. Dit het beteken dat jong spelers soos die span van Oosskool teen hardebaarde te staan gekom het; ‘n bewys dat jukskei ‘n gelyke speelveld kan wees.
Die wenners van elke groep was die Tarentale, Bush Babies, Adri se Span, Soutpan en Oosskool.
Willa Viljoen, sekretaresse van die klub se juniorspan, sê 22 spanne het deelgeneem en dat die bestuur hoop om 44 spanne vir die volgende opedag in te skryf.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Die vernuftige Tarentale-span se lede is Gert Kloppers, Fanus Genis, Jan Opperman en De Graaf Genis.
Die vernuftige Tarentale-span se lede is Gert Kloppers, Fanus Genis, Jan Opperman en De Graaf Genis.

Related Articles

Back to top button